Wapenrusting van God预览

Wapenrusting van God

43天中的第38天

Lees: Efesiërs 6:10–18

SOAP Efesiërs 6:17–18

"Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God. Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges."

Oordenking

Daar is krag in die Woord van God. Ons almal weet dit. Ons het dit almal al baie keer gehoor, maar glo ons dit? Die laaste stuk wapenrusting wat God ons gee, is die swaard van die Gees, wat die Woord van God is. Dit is die enigste wapen wat aan ons gegee is waarmee ons onsself kan verdedig. Dit is nie 'n fisiese swaard nie, maar 'n geestelike een. Dit is lewend en aktief en skerper as 'n tweesnydende swaard (Sien Hebreërs 4:12).

Om hierdie wapen effektief te gebruik, moet ons die wapen ken. Andersins sal dit ondoeltreffend wees. Om bloot 'n Bybel op ons koffietafel te laat lê, is nie so kragtig soos om die lewende Woord van God deur ons alledaagse lewe te laat werk nie.

Die Woord van God is kragtig en effektief, maar ons moet dit daagliks in ons lewens toepas.

Krag uit die Bybel kom van gehoorsaamheid en die toepassing daarvan. Om die Woord van God te lees en te ken, is nie genoeg nie. Selfs demone en die Satan ken die Woord van God (Sien Jakobus 2:19). Die verskil lê daarin dat ons glo wat God in sy Woord sê, gehoorsaam is aan sy Woord deur in geloof te leef en die Woord van God op ons lewens toepas. Wanneer versoekings, toksiese gedagtes of misleiding van buite oor ons pad kom, weet ons hoe om terug te veg met die Woord van God — ons swaard van die Gees.

Gebed

Liewe Jesus, dankie dat U vir ons so 'n waardevolle wapen in u Woord gegee het. Laat my liefde vir U en u Woord groei. Help my om dit kragtig in my lewe te gebruik, soos wat U wil hê dat dit gebruik moet word. Amen.

读经计划介绍

Wapenrusting van God

Die wapenrusting van God is 'n metafoor wat in die boek Efesiërs gebruik word om die geestelike beskerming en krag tot ons beskikking as volgelinge van Christus te beskryf. In die volgende ses weke sal ons leer hoe om ons te klee met elke deel van hierdie wapenrusting en hoe om dit aan te wend

More