Wapenrusting van God预览

Welkom by ons Bybelstudie: Wapenrusting van God
Dis tyd om jouself te klee, liewe vriendin. 'n Oorlog woed oral om ons heen. Dit teiken ons gedagtes, gesinne, vriende en toekoms. Of ons daarvan hou of nie, ons is deel hiervan. Dwarsdeur die Ou en Nuwe Testament word daar van hierdie onsigbare geestelike oorlog gepraat en dit woed daagliks rondom elkeen van ons.
Wat is SOAP?
Hier by "Love God Greatly Afrikaans" gebruik ons die "SOAP"-metode vir ons Bybelstudies. Hierdie metode maak dit vir jou moontlik om dieper in die verse te delf en om meer te sien as wanneer jy net eenvoudig die verse lees en dan aangaan. Ons wil jou aanmoedig om jou tyd te gebruik om die daaglikse verse te "SOAP" en self te sien hoeveel meer jy uit jou daaglikse stiltetyd sal kry.
Wat beteken "SOAP"?
DieSstaan vir "Scripture":
Jy skryf die teksverse neer. Jy sal verbaas wees om te sien wat God aan jou in sy Woord sal openbaar deur net tyd te maak om die verse neer te skryf!
DieOstaan vir "Observation":
Wat sien jy in die verse wat jy lees? Wie is die gehoor? Is daar ‘n herhaling van woorde? Watter woorde staan vir jou uit?
DieAstaan vir "Application":
Dit is wanneer die Woord van God persoonlik toegepas word. Wat sê God vandag vir my? Hoe kan ek dít wat ek nou net gelees het, in my eie lewe toepas? Is daar iets wat ek moet doen? Watter veranderinge moet ek aanbring?
DiePstaan vir "Prayer":
Bid tot God en praat met Hom oor die Skrifgedeelte wat jy so pas bestudeer het. As Hy iets aan jou in sy Woord geopenbaar het, bid daaroor. Bely die sonde in jou lewe as Hy dit vir jou uitgewys het.
Inleiding
Die studie waarmee ons nou gaan begin is 'n "Ek is ten volle oorgehaal"-tipe studie. Ons gaan nie slegs die Skrif lees nie; ons gaan leer hoe om onsself te klee met die mooiste geestelike wapenrusting van ons liefdevolle Vader. As Christene kan ons nie bekostig om in vandag se tyd passief te leef nie. Nou is die tyd om standvastig te wees en terug te veg. As gelowiges in Jesus Christus het ons toegang tot die beste wapenrusting vir hierdie oorlog: Die wapenrusting van God. Wees dus nie bevrees nie. God het jou toegerus met al die wapens wat jy benodig om suksesvol oorlog te voer en te oorwin.
Die wapenrusting van God is 'n metafoor wat in die boek Efesiërs gebruik word om die geestelike beskerming en krag tot ons beskikking as volgelinge van Christus te beskryf. In die volgende ses weke sal ons leer hoe om ons te klee met elke deel van hierdie wapenrusting en hoe om dit aan te wend, insluitend die gordel van waarheid, die borswapen van geregtigheid, die skoene van vrede, die skild van geloof, die helm van verlossing en die swaard van die Gees. Elke deel van die wapenrusting waarmee ons onsself klee rus ons beter toe, sodat ons kan weerstand bied teen die planne van die Satan.
Dis finaal. Die vyand kry nie nog ‘n deel van ons grondgebied nie. Tydens hierdie ses weke lange studie sal ons leer hoe om onsself te klee, ons man te staan en terug te veg. Ons is nie langer naïef teenoor die Satan se planne nie. Ons weet wat sy teikens en doelwitte is. Vandag staan ons op die waarheid van God se Woord, wakker en slaggereed vir die gevegte wat rondom ons woed. Vandag kies ons om in die krag van God se waarheid te staan, geklee met die wapenrusting wat Hy ons bied en ons neem deel aan die gevegte wat voorlê, terwyl ons onsself herinner daaraan dat God reeds die oorlog gewen het.
Dis tyd om jouself te klee, liewe vriendin.
读经计划介绍

Die wapenrusting van God is 'n metafoor wat in die boek Efesiërs gebruik word om die geestelike beskerming en krag tot ons beskikking as volgelinge van Christus te beskryf. In die volgende ses weke sal ons leer hoe om ons te klee met elke deel van hierdie wapenrusting en hoe om dit aan te wend
More