Staan weer opSample
![Staan weer op](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54211%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Hoe kan jy weer opstaan nadat jy platgeslaan is?
Maak vergifnis deel van jou leefstyl
"En julle moet nie oordeel nie, dan sal julle nooit geoordeel word nie. Julle moet nie veroordeel nie, dan sal julle nooit veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word" (Lukas 6:37 AFR53).
Vergifnis is 'n gelaaide en gewigtige onderwerp. Indien jy egter wil opstaan om vorentoe te beweeg, is dit noodsaaklik dat jy diegene sal vergewe wat 'n onreg teenoor jou gepleeg het. Vergifnis beteken nie dat die onreg wat teen jou gepleeg is gering of van verbygaande aard is nie. Nee! Vergifnis beteken dat jy die gesindheid wat Christus teenoor jou geopenbaar het ook teenoor ander sal bewys. Vergifnis beteken dat die vryheid waarna jy hunker vir jou 'n sterker begeerte is as morbiede neerslagtigheid as gevolg van die teleurstelling en seerkry.
Moenie langer toelaat dat bitterheid jou van lewensvreugde beroof en jou ganse menswees vergiftig nie. Moenie langer die gyselaar van die verlede wees nie. Luister, jy kan nie vryheid ervaar of genesing van teleurstelling en seerkry ontvang indien jy nie besluit om te vergewe nie.
Vergewe en jou binnemens sal weer begin lewe. Wanneer jy vergewe, word die gewig van dit wat jou teen die grond wil vasdruk om jou te verhinder om weer op te staan, verwyder. Daarom, wanneer jy vergewe sal jy ervaar hoe die wind van vryheid jou op nuwe hoogtes neem om te sweef soos 'n arend. Wanneer jy vergewe, word daar met neerslagtigheid afgereken en kan daar 'n nuwe lofsang van genade en volkome vryheid in jou binnemens posvat.
Scripture
About this Plan
![Staan weer op](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54211%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Daar word gesê, en dit is waar en reg, dat jy altyd een keer meer as wat jy geval het, moet opstaan en dat jy nie in die stof van teleurstelling en verslaentheid moet bly lê nie. Die vraag is egter hoe kry 'n mens dit reg.
More
Related Plans
![Core Beliefs: Strengthening Your Spiritual Foundation](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55157%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Core Beliefs: Strengthening Your Spiritual Foundation
![All Who Are Weary: God Is Faithful](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54872%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
All Who Are Weary: God Is Faithful
![GLEANINGS - Numbers](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55032%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
GLEANINGS - Numbers
![EquipHer Vol. 11: "Stepping Back: The Most Powerful Step Forward!"](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55108%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
EquipHer Vol. 11: "Stepping Back: The Most Powerful Step Forward!"
![Acts 8:4-25 | God Uses Bad Opportunities](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54476%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Acts 8:4-25 | God Uses Bad Opportunities
![Come Up Higher: A Call to Deeper Fellowship and Purpose](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54530%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Come Up Higher: A Call to Deeper Fellowship and Purpose
![Building Wealth & Stewardship in the Church](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54598%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Building Wealth & Stewardship in the Church
![Philippians](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54646%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Philippians
![Sustenance (S3-E8)](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55104%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Sustenance (S3-E8)
![[Be a Gentleman] Purpose](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55336%2F320x180.jpg&w=640&q=75)