YouVersion Logo
Search Icon

Staan weer opSample

Staan weer op

DAY 2 OF 3

Hoe kan jy weer opstaan nadat jy platgeslaan is?

Besef dat die terugslag nie jou bestemming is nie

"Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus" (Filippense 3:14 AFR53).

Moenie 'n teleurstelling of terugslag 'n bestemming maak nie. Moet ook nie toelaat dat teleurstellings of seerkry jou definieer nie. Onthou dat jy nie die somtotaal van ander se berekeninge is nie. Jy is die vreugde van God se skeppingsvermoë. Jy kan nie altyd keer wat met jou gebeur nie, maar jy moet verantwoordelikheid neem vir die gedagtes wat jy koester en ook vir jou gesindheid, gesprekke, gedrag en die gewilligheid om genade te betoon. Dit wat jy wil bereik lê voor jou. Staan op en gryp daarna.

Die lewe bring dikwels terugslae en teleurstellings, maar hierdie oomblikke is geleenthede vir groei en vernuwing. Dit gebeur so dikwels dat ons nuwe plekke ontdek wanneer ons verdwaal en dat ons nuwe vaardighede aanleer nadat ons gefouteer het. Daarom, wanneer jy kies om weer op te staan, aanvaar jy die nuwe begin wat God aan jou bied. Elke tree vorentoe, maak nie saak hoe klein dit is nie, is 'n getuienis van jou geloof in God se vermoë om jou te herstel en te vernuwe. Hierdie veerkragtigheid roep uit dat jy nie die teleurstelling jou bestemming gemaak het nie.

Day 1Day 3

About this Plan

Staan weer op

Daar word gesê, en dit is waar en reg, dat jy altyd een keer meer as wat jy geval het, moet opstaan en dat jy nie in die stof van teleurstelling en verslaentheid moet bly lê nie. Die vraag is egter hoe kry 'n mens dit reg.

More