Staan weer opSample

Hoe kan jy weer opstaan nadat jy platgeslaan is?
Laat die Here toe om jou helper te wees
"Jy het my hard gestamp om my te laat val, maar die HERE het my gehelp.
Die HERE is my sterkte en psalm, en Hy het my tot heil geword" (Psalm 118:13, 14 AFR53).
Moenie probeer om uit jou eie krag op te staan nie. Ja, dit is waar dat jy die wil om weer op te staan moet hê en jou daarop moet toelê, maar jy moet egter besef dat jy dit nie uit jou eie krag kan doen nie. Laat die Here toe om jou helper te wees. Vertrou Hom om tot jou redding te kom. Vra Hom om jou sterk te maak. Laat die woorde van Jesaja 40:31 vir jou soos balsem vir jou verslae gees wees:
"maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie" (Jesaja 40:31 AFR53).
Wanneer jy die Here toelaat om jou helper te wees dui dit daarop dat jy jou vertroue in Hom stel. En wanneer jy dit doen, sal jy spoedig ervaar hoe Hy jou met krag in jou innerlike mens versterk. Wanneer jy die Here toelaat om jou helper te wees sal jy ook ervaar dat Hy jou vrede gee wat alle verstand te bowe gaan (Filippense 4:7). Ja, waarlik:
"God is vir ons ‘n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef" (Psalm 46:2 AFR53).
About this Plan

Daar word gesê, en dit is waar en reg, dat jy altyd een keer meer as wat jy geval het, moet opstaan en dat jy nie in die stof van teleurstelling en verslaentheid moet bly lê nie. Die vraag is egter hoe kry 'n mens dit reg.
More
Related Plans

7 Days to Discovering the Gift of You

Luke | Reading Plan + Study Questions

Built to Last: A Strong Family in Church Planting

Burst Your Christian Bubble

God With Us

Here I Am X Waha

Discipleship 360 Reading Plan

True Competitor: 7 Days of Spiritual Grit

Below as in Above: 5 Days in the Lord's Prayer
