Kom saam, Jesus roep jouSample
![Kom saam, Jesus roep jou](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F52419%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
DAG 4: KOM SAAM, EN GLO IN JESUS
"Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in sy Naam die lewe kan hê" (Johannes 20:31).
Johannes was een van twee broers. Jesus het die bynaam Boanerges, wat "manne van die donder" beteken, vir hulle gegee (Markus 3:17), omdat hulle maar lekker opvlieënd van geaardheid was. Maar tog het hulle “ja” gesê toe Jesus hul roep en soos hulle algaande ‘n verhouding met Jesus gebou het, het hulle gedrag en gesindheid ook verander. Johannes is vandag bekend as die apostel van die liefde. Hy verwys ook na homself as “Die dissipel vir wie Jesus baie lief was ...” (Johannes 13:23). Hy wys ons daarop dat Jesus van die hemel af kom en dat Hy God is.
Hoofstukke 2 tot 12 van die Bybelboek Johannes gee ons ‘n kykie in Jesus se openbare bediening en hoofstukke 13 tot 21 vertel meer oor Jesus se bediening aan die dissipels. Die Johannesbriewe en Openbaring is ook deur die apostel Johannes geskryf.
As ons hier lees, kry ons ‘n beter perspektief oor liefde en haat. Die Jode het dit sterk betwyfel dat Jesus die Een is wat ons unieke verhouding met God moontlik maak en wou met alle geweld vir Jesus stilmaak. Hulle was selfs bereid om tot moord oor te gaan, want hulle verweer was dat Jesus iemand op die Sabbat gesond gemaak het. Hulle was baie wetties en was kwaad omdat Jesus — volgens hulle – nie die Joodse tradisies gevolg het nie. Hy was dus ‘n wetsoortreder en moes gestraf word. Ai, ons is mos maar vandag nog so. As ander mense nie maak of glo soos ons nie, dan verwerp ons hulle summier!
Dis vir my so lekker om Johannes te lees, want volgens die Verklarende Studiebybel gebruik hy Jesus se wondertekens in die eerste helfte van die evangelie as simboliese tekens van wie Jesus werklik is. Verder help hy ons om die teenstelling tussen die wêreld daar bo en die wêreld hier onder te verstaan. Hy verduidelik so mooi die Vader-Seun-verhouding, die liefde en Jesus se Goddelikheid.
Wil jy graag vir Jesus leer ken? Johannes is spesiaal geskryf sodat ek en jy kan glo. Om in Jesus te glo, gee vir jou en my toegang tot ‘n ewige lewe saam met Hom.
AMEN: My Hemelvader, dankie vir u Seun Jesus Christus. Ek sê “Ja” vir Jesus in my lewe. Dankie dat ek Hom deur u Woord kan leer ken. Amen.
Scripture
About this Plan
![Kom saam, Jesus roep jou](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F52419%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Ek wil jou so graag meer van Jesus vertel. Daarom wil ek jou graag uitnooi: “Kom saam met my. Jesus roep jou!” Kom ons leer hierdie week saam ietsie kleins by Matteus, Markus, Lukas, Johannes, Paulus, Jakobus en Petrus. Ons gaan kyk na die briewe in die Bybel wat hierdie Jesusvolgelinge oor Hom geskryf het.
More
Related Plans
![Opening the Road to the Kingdom of God](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55252%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Opening the Road to the Kingdom of God
![Men of Encouragement | Men's Devotional](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55260%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Men of Encouragement | Men's Devotional
![Facing Giants: A 6 Day Journey to Courage and Faith](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55249%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Facing Giants: A 6 Day Journey to Courage and Faith
![Two and a Half Acres of Faith](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55285%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Two and a Half Acres of Faith
![Prepare: Positioned for God's Purposes](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55282%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Prepare: Positioned for God's Purposes
![Let Your Light Shine by Vance K. Jackson](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55037%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Let Your Light Shine by Vance K. Jackson
![Visionary Marriage: God's Call to Husbands](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55287%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Visionary Marriage: God's Call to Husbands
![The Urgency of Slowing Down](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55251%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
The Urgency of Slowing Down
![How God's Goodness Changes Everything](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55286%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
How God's Goodness Changes Everything
![Jesus Reels](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55247%2F320x180.jpg&w=640&q=75)