YouVersion Logo
Search Icon

Kom saam, Jesus roep jouSample

Kom saam, Jesus roep jou

DAY 1 OF 7

DAG 1: KOM SAAM, DAN SAL JULLE SIEN

"Hy sê toe vir hulle: 'Kom saam, dan sal julle sien'" (Johannes1:39).

In Johannes 1:35 - 39 lees ons dat Johannes die Doper vir Jesus sien verbyloop het. Twee van sy volgelinge was by hom toe hy sê: “Dáár is die Lam van God!” Toe hulle dit hoor, het hulle sommer dadelik besluit om Jesus te volg. Jesus kyk toe om en vra: “Wat soek julle?” en hulle het Hom geantwoord: “Rabbi – dit beteken Leermeester – “waar gaan U tuis?” Jesus het hulle geantwoord: “Kom saam, dan sal julle sien.”

Ek wil jou so graag meer van Jesus vertel. Hy leer my so mooi, beskerm my, tel my op as ek val en gee my baie kanse op my lewensreis. Ek leer nog elke dag nuwe dinge van Hom en ek is seker jy het al dinge geleer waarby ek nog nie eens uitgekom het nie. Maar tog wil ek jou so graag uitnooi: “Kom saam met my, toe!”

Dalk ervaar jy ook Jesus se liefde vir jou. Kom ons leer hierdie week ietsie kleins by Matteus, Markus, Lukas, Johannes, Paulus, Jakobus en Petrus. Ons gaan kyk na die briewe in die Bybel wat hierdie Jesusvolgelinge oor Hom geskryf het.

Matteus was 'n tollenaar wat ons vandag 'n belastinggaarder noem. Hy het sy werk bedank en besluit om Jesus te volg. Belastinggaarders was gehate mense en dit moes dus vir hom moeilik gewees het om by Jesus se groep volgelinge aan te sluit. Maar omdat hy Jesus se volkome vergifnis en liefde eerstehands ervaar het, kon hy dié besluit neem!

Matteus met sy syferbrein se vertellinge was meer georden en sistematies as dié van die ander evangelieskrywers. Hy is die enigste een wat uit die Ou Testament aangehaal het. Hy vertel Jesus se storie as ‘n getuienis van sy lewe vanaf sy geboorte tot by sy laaste opdrag aan die dissipels.

In Markus 2:14 lees ons: “Toe Hy by die tolhuis verbygaan, sien Hy vir Levi seun van Alfeus daar sit, en Hy sê vir hom: ‘Volg My!' Levi het opgestaan en Hom gevolg." (Levi is 'n ander naam vir Matteus.)

Jesus maak nog vandag ook so. Hy stap nou by jou verby en Hy sê: "Volg my, dan sal jy sien!" Hy wys nie ‘n vinger na al jou foute en tekortkominge nie. Hy het jou lief en Hy wil jou so graag deel maak van sy volgelinge.

GEBED: My Heer, baie dankie dat U my vandag raaksien. Dankie dat U my nooi om U te volg. Ek kom, my Jesus! Ek kom saam. Amen.

Day 2

About this Plan

Kom saam, Jesus roep jou

Ek wil jou so graag meer van Jesus vertel. Daarom wil ek jou graag uitnooi: “Kom saam met my. Jesus roep jou!” Kom ons leer hierdie week saam ietsie kleins by Matteus, Markus, Lukas, Johannes, Paulus, Jakobus en Petrus. Ons gaan kyk na die briewe in die Bybel wat hierdie Jesusvolgelinge oor Hom geskryf het.

More