YouVersion Logo
Search Icon

Kom saam, Jesus roep jouSample

Kom saam, Jesus roep jou

DAY 3 OF 7

DAG 3: KOM SAAM, ONTVANG DIE KRAG VAN DIE HEILIGE GEES

"Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld" (Handelinge 1:8).

Lukas is die enigste evangelis wat nie ‘n Jood was nie. Hy was ‘n opgevoede Griek en die mediese dokter na wie Paulus in Kolossense 4:14 verwys. Hy was ook die een wat baie aandag gegee het aan almal wat verontreg en verag was in die samelewing byvoorbeeld die vroue, kinders, armes, tollenaars en Samaritane. Hy het ook die boek Handelinge geskryf. Alhoewel hy self eers deel was van die groep vanaf hoofstuk 16, het hy alles wat hy gehoor het oor Jesus se geboorte en opstanding en sy geslagsregister noukeurig neergeskryf (Luk.3:23 -38).

Lukas vertel die storie van Israel se redding wat deur Jesus en die Heilige Gees bewerkstellig is. Hy gee veral aandag aan die Messias (die Een vir wie almal al geslagte lank wag) wat gekom het en ook die belofte aan die heidene, naamlik: Jesus het vir die verlorenes en die verdruktes gekom. Ek hou daarvan dat Lukas ook ons aandag daarop vestig dat Jesus nie uit sy eie krag wonderwerke doen nie, maar deur die krag van die Heilige Gees.

Vir Lukas was dit belangrik dat ons moet weet ons kan alleenlik gered word as ons in Jesus Christus as ons Saligmaker glo.

Het jy Jesus in jou hart ingenooi? Glo jy wat die Bybel oor Hom vertel? Sodra jy verklaar dat jy Jesus in jou lewe wil hê, vul God jou met die Heilige Gees. Dis dieselde Gees wat Jesus uit die dood laat opstaan het (Efesiërs1:19-21 en 2 Korintiërs 4:14). Ons het niks gedoen om hierdie groot geskenk te verdien nie. God gee dit aan ons net op grond van sy genade. Dis ook hierdie Heilige Gees van God wat vir ons die geloofsekerheid gee wat ons nodig het. Dis die Heilige Gees wat vir ons intree by God en wat ons saak by God bepleit (Rom.8:1-39). Hy berei ons selfs voor op die dood.

Raak stil en wees bewus van die Gees van God wat in jou is.

GEBED: Heilige Gees van God, leer my asseblief die krag van die Heilige Gees in my lewe ken. Amen.

Day 2Day 4

About this Plan

Kom saam, Jesus roep jou

Ek wil jou so graag meer van Jesus vertel. Daarom wil ek jou graag uitnooi: “Kom saam met my. Jesus roep jou!” Kom ons leer hierdie week saam ietsie kleins by Matteus, Markus, Lukas, Johannes, Paulus, Jakobus en Petrus. Ons gaan kyk na die briewe in die Bybel wat hierdie Jesusvolgelinge oor Hom geskryf het.

More