YouVersion Logo
Search Icon

10 Gebede vir donker daeSample

10 Gebede vir donker dae

DAY 8 OF 10

Siek en seer

Here, swaar emosies eis ook hul tol op my liggaam. Moegheid rem my af. Seer en pyn steel my gemak. Onderbroke slaap maak my net meer gespanne en voeg stres en moeite by my dae. Ek wil so graag met vryheid en energie rondbeweeg eerder as om te voel hoe my kragte wegsypel. My fisieke beperkings voel soos ’n hindernis voor ’n vol, betekenisvolle lewe.

Dankie dat U nader aan my beweeg in my swakheid. Al voel dit of ek op die oomblik skaars kan regop staan, hou ek vas aan u belofte om my krag te vernuwe sodat ek hoog kan vlieg soos ’n arend (Jesaja 40:31). Lawe my seer spiere en gee my herstellende slaap. Gee my verstand en liggaam nuwe energie. Bring u krag tot volle verwesenliking in my swakheid soos net U dit kan doen (2 Korintiërs 12:9).

Amen.
Day 7Day 9

About this Plan

10 Gebede vir donker dae

Depressie kan ’n mens eensaam en sonder hoop laat voel, asof daar niemand is wat jou hart verstaan nie. God verstaan wel en Hy is nooit te ver om die gebed van jou hart te hoor nie. Hierdie leesplan is ’n samestelling van 10 gebede om vir jou hoop te bied te midde van angs en depressie, deur kosbare tyd by jou hemelse Vader deur te bring.

More