YouVersion Logo
Search Icon

10 Gebede vir donker daeSample

10 Gebede vir donker dae

DAY 5 OF 10

Die Here wat luister

Here, die toekoms is onseker. Ek weet nie wanneer genesing vir my siel sal kom nie. Verhoudings kan herstel word of verder vervreem raak. My hoop kan dalk vervul word of plek maak vir nuwe drome. Sommige mense kan my dalk in die steek laat, terwyl hulp uit onverwagte oorde kan kom. Ek is dankbaar dat U getrou, liefdevol en werklik is in hierdie brose en onvoorspelbare lewe.

Dankie vir die hoop en sekuriteit wat ek in u liefde vind. U bly steeds dieselfde – gister, vandag en vir altyd (Hebreërs 13:8). U praat die waarheid en hou u beloftes. Wanneer ek na U uitroep, is U altyd naby en antwoord my. Ek hoef nie bang te wees dat U my sal verlaat of verwerp nie, want u liefde sal my nooit in die steek laat nie. Laat ek op U vertrou al die dae van my lewe.

Amen.
Day 4Day 6

About this Plan

10 Gebede vir donker dae

Depressie kan ’n mens eensaam en sonder hoop laat voel, asof daar niemand is wat jou hart verstaan nie. God verstaan wel en Hy is nooit te ver om die gebed van jou hart te hoor nie. Hierdie leesplan is ’n samestelling van 10 gebede om vir jou hoop te bied te midde van angs en depressie, deur kosbare tyd by jou hemelse Vader deur te bring.

More