Wat Jesus gesê het oor Homself as die Seun van GodSample
'n Kort geloofsbelydenis
Baie Evangelies-Protestantse kerke gebruik die Apostoliese Geloofsbelydenis om te verklaar wat hulle oor Jesus glo:
Ek glo in Jesus Christus, sy (God die Vader) eniggebore Seun,
ons Here;
wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria;
wat gely het onder Pontius Pilatus,
gekruisig is;
gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het;
wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode;
wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van die God, die Almagtige Vader,
van waar Hy sal kom om te oordeel oor die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het.
Scripture
About this Plan
Christene weet oor die algemeen te min van Jesus se Godheid en ook dat Hy die Seun van God is. Wat het Jesus oor Homself gesê?
More