YouVersion Logo
Search Icon

Wat Jesus gesê het oor Homself as die Seun van GodSample

Wat Jesus gesê het oor Homself as die Seun van God

DAY 6 OF 7

Jesus is voldoende vir al ons behoeftes

Jesus is voldoende vir al ons behoeftes. Hy is die Voorsiener. Hy onderhou en beskerm ons. Hy weet dat ons almal sondig is en dikwels struikel. Hy maak voorsiening daarvoor. Jesus kan nie verbaas wees oor die omvang van ons behoeftes of ons probleme nie. Jesus kan nooit die punt bereik waar Hy nie weet hoe om ons te help of ons nie sal kan help nie. Hy het medelye met ons swakhede en het daarvoor voorsiening gemaak.

Filippense 4:19: "En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus."

Hebreërs 12:1-3: " ... en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin [Stigter] en Voleinder [Vervolmaker] van die geloof ... Hou Hom voor oë ... Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie."

Hebreërs 4:15: "Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie."

Wie is Jesus vir jou? Tot watter mate kan jy sê jy leef in gehoorsaamheid aan Hom? Kan jy sê jy is lief vir Hom of het jy net 'n intellektuele verhouding met Hom? Hoe dink jy "voel" Jesus oor jou? Hoe sal jou lewe met Christus verskil van jou lewe sonder Christus?

Hoe moet jou lewe lyk? Hoe moet jou lewe verander in die lig van wie Jesus is?

Day 5Day 7