YouVersion Logo
Search Icon

Wat Jesus gesê het oor Homself as die Seun van GodSample

Wat Jesus gesê het oor Homself as die Seun van God

DAY 2 OF 7

Wie is Jesus?

Jesus se koms na die aarde toe is reeds eeue voor sy geboorte in die Ou Testament voorspel. Die Nuwe Testament probeer Hom beskryf — maar kan nie genoeg woorde vind om dit te doen nie.

Die Bybel is die enigste bron wat regtig vir ons kan sê wie Jesus is.

"Ek het dit self gesien en daarom getuig ek: Hy is die Seun van God" (Johannes 1:34).

Jesus is die Skepper en God wat van ewigheid af daar was: "In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie ’n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie ... Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid" (Johannes 1:1-3,14).

In Johannes 8:58 noem Jesus Homself "EK IS." Dit is dieselfde Naam wat God vir Homself gebruik het in Eksodus 3:14-15.

Hy is ook: Skepper van alle dinge (Kolossense 1:15-23). Almagtig (Openbaring 1:8). God se eniggebore Seun (Johannes 3:16). Seun van die Allerhoogste God (Markus 5:7). Die ware God en die Ewige Lewe (1 Johannes 5:20).

Jesus is die Here. Hy is ook: Christus die Krag van God (1 Korintiërs 1:24). Regter van lewendes en dooies (Handelinge 10:42). Die Here God Almagtig (Openbaring 19:6). Die Here Allerhoogste (Psalm 47:2-3). Here van almal (Handelinge 10:36-42). Here van die hele aarde (Sagaria 6:5). Die Here van die here (Openbaring 17:14). Die Here ons Maker (Psalm 95:6). Die Here wat die hemele geskep het (Jesaja 45:18). Die Here ons Verlosser (Jesaja 43:14). Die Heerser oor die konings van die aarde (Openbaring 1:5).

Wat glo jy oor Jesus? Wie is Jesus volgens jou? Hoe vergelyk dit met die Skrifgedeeltes wat jy gelees het?

Day 1Day 3