YouVersion Logo
Search Icon

Heilige Week - Simbole van lyding en leweSample

Heilige Week - Simbole van lyding en lewe

DAY 5 OF 7

Beker

Gebed van Nadenke

Dankbaarheid: Begin jou gebed deur met dankbaarheid in jou hart voor God stil te raak. Raak bewus van die dag se geskenke en erken God se teenwoordigheid in elke oomblik, selfs ook in uitdagings.

Vra om lig: Bid vir die genade om jou dag deur God se oë te sien. Vra vir insig oor hoe jy oomblikke van stryd of oorgawe ervaar het, soortgelyk aan Jesus se ervaring in Getsemane.

Dink terug: Dink terug aan jou dag terwyl jy die SKrifgedeelte in gedagte hou.

Stryd: Identifiseer die oomblikke toe jy innerlike stryd ervaar het of oorweldig gevoel het. Hoe het jy op hierdie uitdagings gereageer?

Oorgawe: Besin oor tye wat jy jou wil aan God se wil kon oorgee. Was daar oomblikke toe dit veral moeilik was om te sê "Nie wat ek wil nie, maar wat U wil"?

Ondersteuning: Hoe jy ondersteuning gesoek in jou oomblikke van nood? Het jy na God of ander vir hulp uitgereik? Hoe het jy teenoor ander wat in nood verkeer gereageer?

Reageer: Praat met God oor wat jy opgemerk het. Deel jou stryd en oomblikke van oorgawe. As jy versuim het om sy wil te soek of ander te ondersteun, vra om vergifnis en leiding.

Voorneme van hoop: Word geïnspireer deur Jesus se voorbeeld van oorgawe jou en besluit om 'n spesifieke verandering in jou lewe te maak. Dit kan behels dat jy ernstiger na God se wil soek, ondersteuning aan diegene rondom jou bied of tydens beproewinge vir krag bid.

Sluit af met 'n gebed en dank God vir sy teenwoordigheid ten tye van stryd én oorgawe. Vra vir genade om môre te trotseer met 'n hart wat ontvanklik is vir God se wil en om Hom te vertrou vir sy leiding en sorg.

Scripture

Day 4Day 6

About this Plan

Heilige Week - Simbole van lyding en lewe

Ons kyk gedurende Heilige Week na Jesus se laaste dae voor sy kruisiging. Ons vereenselwig onsself met sy lyding deur middel van simbole in sy daaglikse interaksies, gesprekke en dade. In hierdie 7-dag leesplan word jy soggens op jou reis begelei deur na ‘n video van vreesloosheid en waagmoed te kyk en saans deur 'n gebed van nadenke te bid.

More