YouVersion Logo
Search Icon

Heilige Week - Simbole van lyding en leweSample

Heilige Week - Simbole van lyding en lewe

DAY 4 OF 7

Brood en wyn

Gebed van Nadenke

Dankbaarheid: Begin jou gebed deur met dankbaarheid in jou hart voor God stil te word. Raak bewus van die geskenke van hierdie dag, hoe klein dit ook al mag voorkom. Dank God vir hierdie seëninge en erken sy teenwoordigheid in elke oomblik.

Vra om lig: Bid vir genade om jou dag deur die evangelie se lens te sien. Vra vir insig oor hoe die temas van verraad, opoffering en vergifnis met jou ervarings oorvleuel het.

Dink terug: Dink terug aan jou dag terwyl jy hierdie Skrifgedeelte in gedagte hou.

Verraad: Was daar oomblikke wat jy dalk verraai gevoel het of ander verraai het, selfs net 'n klein bietjie? Besin oor jou gevoelens en reaksies.

Opoffering: Dink na oor die opofferings wat jy vandag gemaak het.

Reageer: Praat met God oor wat jy opgemerk het. As jy oomblikke van tekortkoming of van genade geïdentifiseer het, bring dit na God. Vra om vergifnis waar nodig en sê dankie vir oomblikke van liefde wat jy beleef het.

Voorneme van hoop: Word geïnspireer deurJesus se voorbeeld en besluit om môre 'n spesifieke verandering in jou lewe te maak. Dit kan 'n verbintenis wees om getrouer te wees in klein dingetjies, te vergewe waar dit nodig is of om jou heelhartig toe te wy aan die verhouding waartoe God jou nooi.

Sluit af met 'n gebed en dank God vir sy eindelose barmhartigheid. Vra Hom vir genade om jou besluit om die liefde en toewyding wat Jesus tydens die ete met sy dissipels getoon het, uit te leef.

Scripture

Day 3Day 5

About this Plan

Heilige Week - Simbole van lyding en lewe

Ons kyk gedurende Heilige Week na Jesus se laaste dae voor sy kruisiging. Ons vereenselwig onsself met sy lyding deur middel van simbole in sy daaglikse interaksies, gesprekke en dade. In hierdie 7-dag leesplan word jy soggens op jou reis begelei deur na ‘n video van vreesloosheid en waagmoed te kyk en saans deur 'n gebed van nadenke te bid.

More