YouVersion Logo
Search Icon

Heilige Week - Simbole van lyding en leweSample

Heilige Week - Simbole van lyding en lewe

DAY 1 OF 7

Sweep

Gebed van Nadenke

Dankbaarheid: Begin jou gebed deur met dankbaarheid in jou hart voor God stil te word. Raak bewus van die seëninge van die dag en dank God vir sy teenwoordigheid in jou lewe.

Vra om lig: Bid vir genade om die dag deur God se oë te sien terwyl jy die toneel in Johannes 2:13-21 waar Jesus die tempel reinig, lees en oordink.

Dink terug: Dink terug aan jou dag terwyl jy dié toneel in gedagte hou.

God se teenwoordigheid: Waar en wanneer was jy vandag bewus van God se teenwoordigheid? Hoe het jy gereageer op sy leiding en liefde?

Reiniging: Watter "tempels" van jou lewe het reiniging nodig? Watter houdings, dade of gewoontes moet Jesus kom omkeer en suiwer?

Vergifnis: Erken en bely enige tekortkominge, veral waar jy toegelaat het dat jou "tempels" besoedel word en God nie eer nie. Vra vir sy vergifnis en heling.

Voorneme van hoop: Word geïnspireer deur Jesus se onverskrokke optrede in die tempel en besluit om spesifieke veranderinge in jou lewe te maak. Bid vir moed om jou opnuut te verbind om 'n tempel te wees wat God se teenwoordigheid waardig is.

Sluit af met 'n dankgebed en vra God vir moed en genade om jou voorneme uit te leef.

Scripture

Day 2

About this Plan

Heilige Week - Simbole van lyding en lewe

Ons kyk gedurende Heilige Week na Jesus se laaste dae voor sy kruisiging. Ons vereenselwig onsself met sy lyding deur middel van simbole in sy daaglikse interaksies, gesprekke en dade. In hierdie 7-dag leesplan word jy soggens op jou reis begelei deur na ‘n video van vreesloosheid en waagmoed te kyk en saans deur 'n gebed van nadenke te bid.

More