Ontdek Die Grootste GewerSample
Dag 8: God voorsien
"God voorsien idees, metodes en ervarings wat bedoel is om begrip aan die mens te bring, ʼn verstaanbare hart en ʼn bewuste lewe" — Jacob Needleman.
God was van die begin af die een wat voorsien het. Hy het die diereryk en mense afhanklik van voeding geskape. Daarom dat ons in Genesis lees: “En die HERE God het allerhande bome uit die grond laat uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van te eet” (Genesis 2:9a AFR53).
As ons na die natuur kyk, sien ons God se voorsiening in die skoonheid van die veldblomme wat Hy versier en die voëls van die lug wat Hy voed. Hy het ook voorsiening gemaak vir die feit dat die mens stof is en aan die mens toegang gegee tot die boom van die lewe in die middel van die tuin.
In Matteus 6:26 sê Jesus: "Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?"
Hierdie vers herinner ons daaraan dat as God vir die voëls sorg, hoeveel te meer sorg Hy nie vir ons nie. Hy ken ons behoeftes en beloof om daarin te voorsien.
Ons kan ons sorge na Hom toe bring, omdat Hy omgee vir elke aspek van ons lewens. Ons sien hoe Hy ná die sondeval aan Adam en Eva ʼn belofte van saligheid maak wat Hy sou voorsien deur die versoeningsdood van sy Seun.
Hy is die een wat aan Noag ʼn belofte van redding in die Ark gee waardeur hy en sy gesin gered kan word. Ons weet dat Hy vir Abraham, Isak, Jakob en Josef voorsien het. Hy voorsien aan Moses die wet en die offerande-sisteem waardeur mense God kan nader.
Laat ons ook nie vergeet dat God se voorsiening nie net fisiek is nie. Hy voorsien aan ons sy genade, vergifnis en liefde. En so voorsien God, beloftes, redding, verlossers, konings en uiteindelik sy Seun om die redder van die wêreld te word. God bly die een wat voorsien! Miskien het jy iets nodig waarin jy God vertrou om te voorsien. Vertrou die Here vandag daarvoor!
Oordink die volgende Skrifgedeeltes en skryf jou gedagtes daaroor neer:
About this Plan
Vrygewigheid is duidelik ʼn karaktereienskap van God wat regdeur die Bybel beskryf word. Geskiedenis getuig van die vrygewige God wat nooit moeg raak om te gee nie ... Daar is so baie om te verken wat Hy spesifiek aan ons almal gee en hoe ons dit in geloof kan ontvang. In hierdie Paasfees-leesplan word daar gefokus op die ongeëwenaarde goedheid en grootheid van God as dié grootste gewer ooit.
More