YouVersion Logo
Search Icon

Ontdek Die Grootste GewerSample

Ontdek Die Grootste Gewer

DAY 12 OF 40

Dag 12: God gee eindelose genade

"Ek verstaan glad nie die misterie van genade nie — net dat dit ons ontmoet waar ons is, maar ons nie laat staan waar dit ons gevind het nie" — Anne Lamott.

Wanneer ons ernstig dink aan God wat genade aan ons gee en hoe dit ons lewens raak, sal dit ons lewens transformeer. Genade, is nie iets wat vanselfsprekend is in jou lewe nie, jy ontvang dit net in die mate waarin jy dit begeer.

Genade verkondig twee belangrike waarhede, naamlik, God se toewyding aan die mens en sy optrede ten bate van die mens.

Wanneer ons die spoor van genade volg, lei dit ons eerstens na die hart van die Skepper. In God se hart sien ons gevoelens ten opsigte van die mens. Die Skepper is vol genade, wat die mens met sorg skep en intens belangstel. Hy is ʼn persoonlike God wat die mens in die tuin besoek en met hulle wandel. Hy gee die opdrag in die tuin nie om die mens te beperk nie, maar om pyn en lyding te voorkom.

Hy dink aan die mens en is jammer vir die mens. God beskou elke mens se lewe as baie waardevol en droom dat die mens ʼn toekoms van vrede en oorvloed sal geniet.

Verder het God ons nie net op ʼn afstand lief nie, maar is iemand wat uit genade aksie neem vir die mens. Toe dinge skeef loop in die tuin van Eden het Hy die eerste mense nie aan hulself oorgelaat nie, maar na hulle gesoek.

Regdeur die geskiedenis sien ons God opdragte gee, met die mens praat en die mens besoek omdat Hy ʼn verskil wil maak aan die kwaliteit van menslike bestaan. God se grootste beweging van genade word sigbaar deur Jesus Christus wat Hy gestuur het. God het van Genesis af deur, verskeie verbonde voorsien vir genade.

Al die verbonde was beperk, maar Jesus was die oorvloed van God se genade. Hoe voel jy wanneer jy na Jesus kyk en besef dit is die bewys daarvan dat God genade vir jou het?

Oordink die volgende Skrifgedeelte en skryf jou gedagtes daaroor neer:

Day 11Day 13

About this Plan

Ontdek Die Grootste Gewer

Vrygewigheid is duidelik ʼn karaktereienskap van God wat regdeur die Bybel beskryf word. Geskiedenis getuig van die vrygewige God wat nooit moeg raak om te gee nie ... Daar is so baie om te verken wat Hy spesifiek aan ons almal gee en hoe ons dit in geloof kan ontvang. In hierdie Paasfees-leesplan word daar gefokus op die ongeëwenaarde goedheid en grootheid van God as dié grootste gewer ooit.

More