Ontdek Die Grootste GewerSample
Dag 16: God gee aan ons die gawes van die Heilige Gees
"Jesus gee vir ons die gawe van die Heilige Gees, maar wanneer die Gees kom, is Hy vol gawes! Hy begeer om baie meer in ons en deur ons vry te stel as wat ons ooit kon dink. Hierdie gawes word gegee om uit te deel en nie om op te gaar nie. Ons ontvang om ander te help" — Jack W. Hayford.
Een van die wonderlike gevolge van die vervulling met die Heilige Gees is dat die Heilige Gees aan gelowiges gawes gee. Vir my is die gawes van die Heilige Gees, God se wonderwerkende krag deur mense. Die gawes van die Heilige Gees maak dit vir ons moontlik om by God se groot sending na die wêreld aan te sluit.
Die gawes word hoofsaaklik beskryf in die Nuwe Testament in 1 Korintiërs 12, Romeine 12, Efesiërs 4 en 1 Petrus 4:10-19. Die gawes kom ooreen met natuurlike vermoëns maar is uiteindelik ʼn bonatuurlike vermoë in die lewe van die gelowige.
Hierdie gawes is ʼn besondere uitdrukking van God se liefde, wysheid en genade teenoor die gelowiges. Een van die belangrike skrifverwysings oor die gawes van die Heilige Gees is te vind in 1 Korintiërs 12:4-6 (NLV): “Daar is ʼn hele verskeidenheid geestelike gawes, en tog kom hulle van dieselfde Gees. En daar is ʼn hele verskeidenheid bedienings, maar ons dien dieselfde Here. Daar is talle aktiwiteite in die gemeente, maar dit is dieselfde God wat al hierdie dinge kragtig in ons almal aktiveer.”
God gee hierdie gawes nie slegs vir ʼn persoon se voordeel nie, maar vir die opbou van die gemeente en om ʼn wêreld te verander. Elke gelowige het ʼn unieke rol om te speel in die liggaam van Christus en die gawes van die Heilige Gees maak dit moontlik vir elkeen om sy of haar roeping en doel te vervul.
ʼn Voorwaarde om die gawes van die Heilige Gees te ontvang, is ʼn aktiewe verhouding met God deur gebed, bybelstudie en ʼn bereidwilligheid om die leiding van die Heilige Gees te volg. Dit is deur die werk van die Heilige Gees dat gelowiges toegerus word om die liefde en krag van God aan die wêreld bekend te maak.
As gelowiges stel ons onsself beskikbaar vir die gebruik van hierdie gawes deur ʼn gesindheid van nederigheid, diensbaarheid en gehoorsaamheid aan God se wil. Dit is gevolglik belangrik vir elke gelowige om na die gawes te soek en te beoefen.
Oordink die volgende Skrifgedeelte en skryf jou gedagtes daaroor neer:
About this Plan
Vrygewigheid is duidelik ʼn karaktereienskap van God wat regdeur die Bybel beskryf word. Geskiedenis getuig van die vrygewige God wat nooit moeg raak om te gee nie ... Daar is so baie om te verken wat Hy spesifiek aan ons almal gee en hoe ons dit in geloof kan ontvang. In hierdie Paasfees-leesplan word daar gefokus op die ongeëwenaarde goedheid en grootheid van God as dié grootste gewer ooit.
More