Stiltyd GedigteSample
Psalm 46:11 (NLV): “Wees stil en weet Ek is God! Ek sal vereer word deur die nasies, verhewe wees oor die hele aarde.”
2 Korintiërs 12:9a (NLV): “Hy het egter vir my gesê: 'My genade is genoeg vir jou, want my krag kom juis in swakheid tot volle verwesenliking.'”
Stil
Tot siele-stilstand gedwing
wat introspeksie bring
Vae hoop ontrafel
met al my kaarte op die tafel
Blootgestel aan realiteite
soos soliede beton feite
Legio vrae gelys
My denke koud soos ys
Iets roer van binne
en bring my tot sinne
Een dag op ‘n slag,
dis waar genade wag
My hart word ontroer
met vrede wat my kop ontvoer
My gees buig skaam
voor ‘n baie groter Naam
“Wees stil en weet
Ek het jou nie vergeet” ...
Gebed: Here, ek sukkel om stil te word. Sóveel dinge druis ongevraagd deur my denke. Kom waai deur u Gees my siel tot stilstand.
Sagte strelende musiek het dikwels ‘n stil-word effek in jou denke. Binne oomblikke voel jy rustig. Probeer dit gerus wanneer jy stil gaan sit voor ons Vader se voete.
Scripture
About this Plan
Koning Dawid is sekerlik die beste voorbeeld wanneer gedigte ter sprake kom. Hy het gereeld God se lof besing, sy grootheid erken. Tydens krisistye het hy by God gepleit. Selfs koning Salomo het hierdie gawe by Dawid geërf; wandel gerus deur Hooglied. In jou stiltyd kan gedagtes ‘n gedig voor God se voete word, in goeie en slegte tye. In hierdie leesplan val woorde in lyn om te rym.
More