Stiltyd GedigteSample
Psalm 23:4 (NLV): “Wanneer ek loop in ‘n baie donker kloof, sal ek nie bang wees nie, want U is naby my. U stok en u staf beskerm en ondersteun my."
Jesaja 43:1 (NLV): “... 'Moenie bang wees nie, want Ek het jou verlos. Ek het jou by die naam geroep. Jy behoort aan My.'”
Skadudal
Ek reken soms die Heer
het vergeet van my seer
My gemoed daal blind neer
en verdrink in ‘n swart meer
Ek wil skree maar voel hees
Kan Hy nog my hart lees?
Ek is mens net van vlees
en wil by Hom wees ...
My siel poog te proe
aan gedagtes van hoe
Sy hek voel so toe …
Ek lê plat voor ‘n troon
Dis blykbaar waar Hy woon
Ek voel lam maar tog skoon
Hy speek woorde van loon
“My las is lig, waarom nou lê?
Dis nie wat ek vir jou wil hê
Jy’s myne het Ek gesê,
jou toekoms is ín My belê”
“Spreek die woord van wyk
en die Satan sal wegkyk
Ek het hom neergestryk
Ek sal wéér, wyl jy kyk”
“Raak rustig en weet
Ek het reeds bloed gesweet
Jou weegskaal het gemeet
dat Ek jou nie sal vergeet”
Ek sak my kop in skaamte,
My toekoms nuut en gister ‘n geraamte …
Gebed: Vader, ek kniel voor U met baie woorde maar ek besef u woorde dra die meeste gewig.
Soms is dit goed om pen in hand te neem en dít wat in jou gees ervaar word, neer te skryf. Die aksie van skryf vee reeds skoon dáár waar God voorbereid vir jou wag!
Scripture
About this Plan
Koning Dawid is sekerlik die beste voorbeeld wanneer gedigte ter sprake kom. Hy het gereeld God se lof besing, sy grootheid erken. Tydens krisistye het hy by God gepleit. Selfs koning Salomo het hierdie gawe by Dawid geërf; wandel gerus deur Hooglied. In jou stiltyd kan gedagtes ‘n gedig voor God se voete word, in goeie en slegte tye. In hierdie leesplan val woorde in lyn om te rym.
More