YouVersion Logo
Search Icon

Die geboorte van Christus was dan soSample

Die geboorte van Christus was dan so

DAY 5 OF 5

Die hoop op die wederkoms

Die eindtyd profesieë en gepaardgaande hoop op die wederkoms van Jesus Christus is deel van ons Advent vieringe. Die vervulde profesieë aangaande die geboorte van Christus versterk en verseël ons vaste oortuiging dat die profesieë aangaande die wederkoms van Christus Jesus ook die waarheid is (Johannes 14:1-3), want God is getrou. Dit is hierdie hoop op die wederkoms van Jesus Christus wat ons inspireer om 'n heilige lewenswandel te handhaaf (1 Johannes 3:3). Hierdie verwagting op die spoedige wederkoms van Christus besiel ons nie net met 'n salige hoop nie, dit dring ons ook om des te meer die goeie nuus van Christus se geboorte, dood, opstanding, hemelvaart en wederkoms te verkondig. Ja, die goeie nuus moet gedeel word. Wanneer ons nadink oor die hoop op die wederkoms van ons Here, dan besef ons dat hoop 'n Naam het: Jesus. Ja, Jesus is die boodskap van Advent, want Jesus is die langverwagte Saligmaker wat ons verlossing bewerkstellig het, waarna Hy na die hemel opgevaar het (Hebreërs 1:3), van waar ons verwag dat Hy weer sal terugkom (Filippense 3:20-21), ja "... Kom, Here Jesus!" (Openbaring 22:20), kom tog gou.

Day 4

About this Plan

Die geboorte van Christus was dan so

Die geboorte van Christus is 'n verhaal wat ons verbeelding aangryp en ons met hoop besiel. Dit is die verhaal van die onweerlegbare bewys dat God met liefde en sorg in gewone mense soos ons se lewens betrokke raak om vir ons 'n bron van hoop te wees. Hierdie 5-dag leesplan begelei jou om oor hoop na te dink soos dit in Advent aan die lig kom.

More