Spreuke – eenjaarleesplanSample
Spreuke verwoord die waarheid dat wat jy soek, jou vind. Jy verander in die rigting wat jy jou lewe rig. Dié wat die goeie met hulle volle aandag soek, vind die guns van mense en God. Dié wat die kwade soek, sal vind dat die kwade maar al te gewillig is om gevind te word. Trouens, die kwaad sal die kwaadwilliges inhaal. Soos Kidner sê: “Wat jy aan ander doen, sal met jou gebeur."
Scripture
About this Plan
Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More