YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 69 OF 365

Spreuke leer ons dat geregtigheid baie meer werd is as jou besittings. Jou welvaart beteken niks as God se oordeel jou tref nie. Net ’n regte verhouding met Hom kan jou van die (ewige) dood red. “Geregtigheid onderskraag jou” (Kidner). In die Nuwe Testament is dit die geregtigheid van Christus wat ons van die oordeel van God red. Jesus nooi ons uit om op Hom te vertrou en in gehoorsaamheid aan Hom te lewe. Dan kom ons nie onder die oordeel van God nie (Romeine 8:1-4).

Scripture

Day 68Day 70

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More