YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 339 OF 365

Vers 5: Vleitaal verstrik die een wat gevlei word. Wees dus baie versigtig vir 'n vleier. Die slegste bedoelings word met die gladste tong en mooiste woorde verbloem. Die vers kan ook geïnterpreteer word dat vleitaal uiteindelik ook die vleier verstrik.

Vers 6: Sonde bring skuld. 'n Bose mens kan die gevolge van sy eie oortreding nie keer nie. Die regverdige kan egter werklik vrolik leef, omdat hy ‘n skoon gewete het.

Vers 7: Regverdiges is besorg oor arm mense se lot voor die reg. 'n Goddelose verstaan dit nie en kom nie vir armes se reg op nie.

Vers 8: Ligsinnige mense blaas oproer aan in 'n stad. Dit is omdat hulle respeklose, siniese spotters is. Wyse mense bring woede tot bedaring.

Day 338Day 340

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More