Spreuke – eenjaarleesplanSample

Vers 7: Eetlus hang van jou versadigingsvlakke af. As jy versadig is, is alles bitter. As jy honger is, is alles soet. Ons het verskillende idiome wat dieselfde waarheid vasvang: “As die muis dik is, is die koring bitter.” “Honger is die beste kok.”
Vers 8: Eensaamheid is bitter sleg. 'n Mens kan hierdie spreuk verstaan soos wat die 1983-vertaling dit vertaal: “Soos ‘n voël wat sy nes net so los, so is ‘n man wat sy gesin in die steek laat.” Dit kan egter ook doodgewoon die eensaamheid van iemand uitdruk wat weens watter rede ook al ver van sy huis af is. Die ervaring bly dieselfde. Of dit nou is weens immigrasie of vir besigheid of omdat jy gevlug het vir een of ander moeilikheid. Ek verkies laasgenoemde, omdat dit ook nader aan die oorspronklike is.
Vers 9: Die raad van ‘n vriend is kosbaar. Vriendskap se voordeel lê in die raad wat jy kry, nie net in die plesier daarvan nie. Dit is dus iets waarop ‘n mens moet fokus in jou vriendskappe. Dit moet jou keuse van vriende begelei, en die wyse waarop julle saam is. Die plesier is goed, die raad beter. Vergelyk die uitstekende vertaling van die Engelse (ESV-weergawe): "Oil and perfume make the heart glad, and the sweetness of a friend comes from his earnest counsel."
Scripture
About this Plan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More
Related Plans

Fuel the Fire Pt 2

Getting Dating Right

Learning About Love With St. Valentine

Ready as You Are

Release the Offense

The Bible for Young Explorers: Mark

Still Standing

Art in Scripture: The Earth Is the Lord's

The Novelty Detox for Lent: Letting Go of Novelty and Being Present in the Everyday
