Spreuke – eenjaarleesplanSample

Waar die vorige twee hoofstukke gefokus het op die twee hoof beskrywings van menslike gedrag: wysheid (Spreuke 25) en dwaasheid (Spreuke 26) – met die verskil wat veral lê in die respek vir allerlei grense al dan nie – fokus Spreuke 27 meer op persoonlike houdings en emosies en hoe dit in sosiale gedrag na vore kom.
Telkens word dié spreuke met skerp pittige prentjies verwoord, waarvan sommige net mooi is en nie eintlik opgesom kan word nie, dus liefs net so gememoriseer moet word!
Vers 1: Moenie grootpraat oor môre nie. Jy kan per definisie nie van môre seker wees nie. Dit is ‘n belangrike waarheid wat Jakobus met die afhanklikheid van God verbind het, en waar ons idee van Deo Volente, as die Here wil, vandaan kom Jakobus 4:13-17; Psalm 37:3; Matteus 6:34).
Vers 2: Moenie jouself prys nie. Dit lê ook aan die wortel van ons idioom: “Jakkals prys sy eie stert!” (Johannes 12:43)
Scripture
About this Plan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More
Related Plans

Fuel the Fire Pt 2

Getting Dating Right

Learning About Love With St. Valentine

Ready as You Are

Release the Offense

The Bible for Young Explorers: Mark

Still Standing

Art in Scripture: The Earth Is the Lord's

The Novelty Detox for Lent: Letting Go of Novelty and Being Present in the Everyday
