Spreuke – eenjaarleesplanSample

Tema 6 – Jy moet jou vyand liefhê.
Die opdrag om jou vyand kos en water te gee, al haat hy jou, val ’n mens op. En let op hoe konkreet dit uitgespel word. Brood vir die honger vyand. Water vir die dors vyand (Spreuke 24:17-18). Dié lewenshouding gee ’n ander perspektief op die gangbare moraal van ’n oog-vir-’n-oog, soos dit op ’n hele paar plekke in die Ou Testament beskryf word.
Dit neem selfs die opdrag in die Ou Testament om jou naaste lief te hê, soos Levitikus 19:17-18 dit van ons vra, ’n bietjie verder, en maak naasteliefde van toepassing nie net op mense van jou eie kultuurgroep of gemeenskap nie, maar van toepassing selfs op jou vyande.
Dat die Here jou daarvoor sal vergoed, teken ook ’n kant van God waarin sy regverdigheid nie net sy geliefdes insluit nie, maar ook dié wat teenoor Hom staan. Waarskynlik lê die hoop op versoening hieragter, waarin God hoop dat deur só ’n optrede die vyand juis tot inkeer sal kom, vuurrooi van skaamte sal word (letterlik: “gloeiende kole op sy kop” wat waarskynlik metafories vir bloos gebruik word), wanneer hulle onverdiende genade in nood ervaar.
Dié perspektief op die lewe bereik natuurlik eers volle wasdom in die lewe van Jesus, waar Hy die verhaal van die Barmhartige Samaritaan vertel om dié punt verder in te skerp (Lukas 10:25-37). En Paulus haal uit dié spreuk aan as hy oor die Christelike lewenswandel praat (Romeine 12:20-21). Oorwin die kwaad deur die goeie!
Scripture
About this Plan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More
Related Plans

Fuel the Fire Pt 2

Getting Dating Right

Learning About Love With St. Valentine

Ready as You Are

Release the Offense

The Bible for Young Explorers: Mark

Still Standing

Art in Scripture: The Earth Is the Lord's

The Novelty Detox for Lent: Letting Go of Novelty and Being Present in the Everyday
