Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuk 5 – Moenie antieke grense verlê nie.
Die boek Genesis werk met die kernwaarheid dat God ons gemaak het om die aarde te bewoon, te bewerk en te bewaar. God se bedoeling met die aarde was en is dat almal ‘n plek daarop vind, ‘n habitat, ‘n tuiste. Dit geld vir mense, diere en plante.
Dit sien ons reeds in die feit dat die Bybel diere en plante nie klassifiseer volgens hulle anatomie en morfologie nie, maar volgens hulle ekologie, hulle habitat, die plek waar hulle bly (Genesis 1-2), die voëls in die lug, die visse in die see. Dit wys hoe fundamenteel alles wat leef, verbind is aan waar hulle leef.
God se bedoeling met die mens was, en is hieraan verwant. God het mense gemaak om Hom in die aardse ekologie te verteenwoordig (Genesis 1:26), om die “tuin” met alles daarin te bewoon, te bewerk en te bewaar (Genesis 2:15). Dit is waarom God die mens in die tuin van Eden plaas en seën. Dit beteken ook dat bewoon, bewerk en bewaar fundamenteel is tot die mense se bestaansdoel en werk in hulle tuiste op aarde.
Dit is waarom ’n mens nie antieke grense moet verlê nie, want jy ontneem mense hulle verbintenis aan die grond, aan die plek waar hulle ’n ruimte het om tot hulle reg te kom, om God se opdrag na te kom, om die aarde te bewoon, te bewerk en te bewaar (Levitikus 25:23).
Die volk is byvoorbeeld met die Intog in Kanaän gewaarsku dat hulle nie in die beloofde land hulle bure moes mislei deur grenspale te verskuif om vir hulleself meer grond te gee nie (Deuteronomium 19:14; 27:17; Jesaja 5:8; ook Spreuke 23:10-11).
Net so mag ‘n mens nie sommer van jou geboortegrond afstand gedoen het nie. ’n Mens hoor daarom in hierdie spreuk ook die wysheid wat agter die baie belangrike verhaal van Nabot se wingerd sit, waar koning Agab hom van sy grond wou vervreem, en so grense wou verlê wat al lankal daar was (1 Konings 21).
Hierdie spreuk in Spreuke 22:28 is ’n belangrike teks om oor na te dink in ons land.
Scripture
About this Plan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More
Related Plans

Built to Last: A Strong Family in Church Planting

You Complete Me

94x50: Discipleship on the Court

Acts 10:34-48 | Confronting Your Blind Spots
![[Songs of Praise] Bookends of Majesty](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55840%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
[Songs of Praise] Bookends of Majesty

Like the World Has Never Seen

Lent Youth Guide | Jesus' Real Talk During His Hardest & Darkest Moments

The Very Best of Shepherds

Grow in Faith: Renew Your Mind
