YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 255 OF 365

Spreuk 8 – Moenie dat jou verlange na rykdom jou jou sin vir waardes laat verloor nie.

Rykdom as sodanig is nie noodwendig verkeerd nie, maar rykdom kry maklik vlerke en raak verlore. En as rykdom jou fokus is, het jy dan jouself ook verloor. Die Prediker het ook hieroor nagedink en tot dieselfde gevolgtrekking gekom. Soms jaag jy rykdom na, maar gaan dood voor jy dit kan geniet (Prediker 4:7-8). Soms verloor jy dit bloot weens omstandighede (Prediker 5:13-17). Die soeke na rykdom kan jou dus duur kos.

Day 254Day 256

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More