YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 210 OF 365

Vers 8: Die vers kan beteken dat ’n koning goed is met foutvindery. Dit is egter beter om dit as ’n ideaal te sien waaraan ’n koning gemeet word. Dat hy sal toesien dat boosheid uit sy ryk verwyder word soos kaf van die koring geskei word op ’n dorsvloer. Soos Dawid dit van die Here vra dat van hom as koning waar sal wees in Psalm 101 (vers 26, 28 – integriteit en liefde en trou is nodig). Ons kan ook daarvoor bid waar dit nie die geval is nie. Vers 9: Die waarheid is dat niemand kan sê dat hy of sy in alle gedagtes suiwer was en in alles sonder sonde opgetree het nie. Onskuld is skaars. Dit is waarom ons verlossing nodig het (1 Konings 8:46; Psalms 143:2; Romeine 3:23-24). Vers 10: Die Here haat bedrog. Hy gril vir onregverdige besigheid (kyk na vers 23 vir dieselfde gedagte).

Day 209Day 211

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More