YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 213 OF 365

Vers 13: Hardwerkendheid bring oorvloed. Interessant: “staan vroeg op” (1983-vertaling) is eintlik die vertaling van “maak jou oë vroeg oop” (1933/53-vertaling) wat dié vers met vers 12 verbind. Spreuke wil dus sê, God het jou oë gegee, gebruik dit dan van vroeg af om jou werk met passie en oorgawe te doen. Vers 14: Kopers maak nie hulle ware gevoelens oor ‘n winskopie bekend nie, tot hulle eie voordeel. Dit is moontlik raad van ’n ervare besigheidsman aan ’n beginner. Vers 15: Kennis is meer werd as goud en edelstene (rooi korale of robyne). Nie net in terme van sigwaarde nie, maar in terme van intrinsieke waarde.

Day 212Day 214

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More