Spreuke – eenjaarleesplanSample
Die pa leer sy seun daarby dat hy nie moet dink hy het die wysheid in pag nie. Hy moet die Here vrees en vermy wat sleg is. Dit lei tot genesing en heelheid. Oordink hierdie vierde aspek van die derde les aan die hand van die Nuwe Lewende Vertaling se parafrase: "Moenie jou eie wysheid oorskat nie. Hou eerder die Here voor oë en vermy wat sleg is. Dit sal jou liggaam gesond hou, jou lewe verkwik" (NLV).
Scripture
About this Plan
Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More