Stil Oomblikke Saam Met JesusSample

Tot die einde
Hopeloosheid kan soveel desperaatheid bring dat jy voel jy wil moed opgee. Moenie. Moenie moed opgee net voordat die wonderwerk gebeur nie. As jy jou hoop in My geplaas het, moet jy jou oë op My gerig hou. Jou geloof moet vashou aan die Woord van God, sodat die basis daar is wat jy nodig het om tot die einde toe te volhard.
Die versoeking om moed op te gee omdat ’n situasie onmoontlik lyk, kan oorweldigend wees wanneer jy pyn ervaar wat jou leeg en alleen laat voel. Maar Ek is by jou en die Gees is in jou – dit gee vir jou hoop in die mees hopelose situasies. Geloof maak alles moontlik. Jou lof en aanbidding bring God se hand in beweging. Moenie eers wil sien nie. Kyk weg van die storm af en bly gefokus op my vrede. Onthou dat Ek vir jou my vrede gegee het – nie die vrede wat die wêreld gee nie. Jy hoef nie te probeer om vrede te verkry nie … Ek gee dit vir jou, en dit hang van niks anders af as bloot my teenwoordigheid en krag nie.
Hou vas aan My, soek my leiding en volg waarheen Ek jou ook al lei … selfs al is dit in ’n storm in.
GROEI IN GELOOF: Is daar ’n situasie in jou lewe wat heeltemal hopeloos lyk? Wat laat jou voel asof jy wil moed verloor? Sien jouself voor God se troon waar jy dit aan Hom oorgee, en vind dan vrede in die wete dat God besig is met jou wonderwerk.
Scripture
About this Plan

Ons dink dalk dat God nie van ons probleme bewus is nie. Dit is egter nie die geval nie. Jesus het gesê ons sal swaarkry in hierdie wêreld beleef. Maar Hy het ook belowe dat Hy ons nooit alleen sal laat nie. Hierdie 7 oordenkings deur Cherie Hill uit STIL OOMBLIKKE SAAM MET JESUS is geskryf asof Jesus gedurende hierdie moeilike tye sélf met jou praat.
More
Related Plans

Living in Increase (Part 10) - Increase in Awareness

Elevate: Raising the Bar for Conversations About Creating Content

Find & Follow Jesus, Quarter 1

Living in Increase (Part 2) - Increase in Love

Led by the Spirit: Journey Through the Book of Acts Part 1

Take the Wisdom Challenge: 31 Days in Proverbs Together

A Road Map for Life | Returning to the Truth of God's Word

Prayers of the Bible

Intentionally Appreciating Our Children: A 3-Day Parenting Plan
