YouVersion Logo
Search Icon

Stil Oomblikke Saam Met JesusSample

Stil Oomblikke Saam Met Jesus

DAY 4 OF 7

Rus

Ek is hier om jou te help om op die water te loop – Ek roep jou om dit te doen. Wanneer ’n storm in jou lewe woed, wanneer onsekerheid dreig om jou geloof te oorweldig, kyk op … Ek is hier … daar is niks om voor bang te wees nie. Kyk jou vrees in die oë en roep my vrede daaroor uit. En kyk weer, dit is nie golwe van verwoesting nie, dit is my genade, my liefde wat oor jou stort. Kies om jou omstandighede deur my oë in plaas van jou eie te sien.

Dikwels moet jy, te midde van die stryd, bloot rus. Jy moet in My rus, in die Vader se beloftes, terwyl jy leer om stil te wees. Jy is geneig om te glo jou vyand is iets of iemand wat dit nie is nie. Jou fokus moet op My wees … dit is my stryd, laat Ek die omstandighede van jou lewe hanteer terwyl jy in my vrede bly. Daar is niks waarvan Ek nie weet nie. Ek sien jou hele lewe, van begin tot einde. Ek is altyd by jou, op alle maniere. Ek sien alles raak, veral jou hartseer en trane.

Daar sal storms wees, maar ook wonderwerke wanneer jy te midde van die storm op My vertrou. Moenie mislei word deur wat jy sien nie; vertrou op wat jy weet: Ek is by jou en sal jou nooit verlaat of in die steek laat nie.

GROEI IN GELOOF: As jy moeg is, maak doelbewus tyd om te rus. Jesus het in die boot gerus. Hy het jou gewys hoe dit gedoen word. Hy het gerus tydens ’n lewensbedreigende storm … en jy kan ook, wanneer jy volkome op jou hemelse Vader vertrou.

Scripture

Day 3Day 5

About this Plan

Stil Oomblikke Saam Met Jesus

Ons dink dalk dat God nie van ons probleme bewus is nie. Dit is egter nie die geval nie. Jesus het gesê ons sal swaarkry in hierdie wêreld beleef. Maar Hy het ook belowe dat Hy ons nooit alleen sal laat nie. Hierdie 7 oordenkings deur Cherie Hill uit STIL OOMBLIKKE SAAM MET JESUS is geskryf asof Jesus gedurende hierdie moeilike tye sélf met jou praat.

More