Gedagte Vir Die DagSample
Psalm 5:13
"Want U seën die regverdige, o Here, U omring hom met welbehae soos met 'n skild."
- Ons kan as kinders van God, verheug wees dat sy seën op ons rus.
- Die feit dat God se seën op ons is, behoort ons van vreugde te laat jubel.
- Daarbenewens wil God ons omring met sy guns en goedhartigheid.
- Dit beteken dat Hy ons van gevaar wil beskerm en ons wil seën.
Gebed: Vader, dankie vir u seën en guns oor my lewe. Ek ontvang u seën en guns as 'n geskenk uit u hand, en ek sal U vertrou vir Goddelike beskerming en vir u welwillendheid teenoor my. In die Naam van Jesus. Amen.
Scripture
About this Plan
Hierdie is `n samestelling van tien "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier punte en `n gebed. Ons hoop elke dag se boodskap is vir jou soos vars manna van die Here af.
More