Die Grootste GeskenkSample
Hoop in Christus
Lees: Romeine 15:7–13
SOAP: Romeine 15:13
Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!
Oordenking
Ons God, die groot Gewer, het ons 'n wonderlike geskenk in die vorm van sy Seun, Jesus, gegee. Anders as die geskenke wat ons van vriende of familie ontvang, is dit 'n geskenk wat aanhou gee, want as ons God se gratis geskenk van verlossing deur Jesus aanvaar, hou ons aan om goeie geskenke te ontvang!
Geskenke verg altyd 'n mate van opoffering, en in Paulus se brief aan die Romeinse gelowiges, herinner hy hulle daaraan dat Jesus ons die volmaakte voorbeeld gegee het om te volg. Jesus het alles wat Hy maklik sou kon opeis, opsy gesit — al sy regte en voorregte as die Seun van God — en eerder sy lewe opgeoffer sodat ons die gawe van redding kon ontvang. In plaas daarvan om maniere te vind om verdeeld te wees, het Paulus die gelowiges (ons ingesluit) aangemoedig om Jesus se voorbeeld te volg, ander lief te hê, saam te werk en die gawe van hoop en krag wat ons van die Heilige Gees ontvang, met ope arms aan te neem.
God het nie sy Seun gestuur om as 'n mens gebore te word en vir ons sondes te sterf, en ons dan oorlaat om die res self uit te werk nie. God is goed, dit is sy natuur, en die hoop wat Hy vir ons begeer, kom uit 'n oorvloed van wat ons van Hom, deur die Heilige Gees, ontvang. Dit is 'n hoop wat nie verdwyn nie. Dit is 'n hoop wat helder skyn wanneer alles om ons donker voel.
Wanneer ons ons hoop in Christus plaas en op die hulp en krag van die Heilige Gees vertrou, kan niks dit wegneem nie. Die Jesus wat ons tydens Kersfees vier, was 'n belofte wat God aan sy mense gehou het — 'n belofte van redding en bevryding van sonde en die dinge wat ons daarvan weerhou om oorvloedige en vol lewens te leef tot sy eer. Dit is 'n geskenk wat aanhou gee!
Gebed
Vader God, dankie dat U u enigste Seun gestuur het om gebore te word, sodat ek 'n pad terug na U kan kry. Help my hierdie Kersfees om my hart gefokus te hou op U, die vaste basis van my hoop. Amen.
Scripture
About this Plan
Hierdie ses weke lange Bybelstudie is daarop gemik om ons harte voor te berei om die grootste van alle geskenke te vier: Jesus Christus. Hierdie studie fokus op die karakter van God en wat dit beteken om ‘n lewe van dankbaarheid te lei. Namate ons die Adventstyd binnegaan, sal ons ‘n paar van die gawes wat God in Jesus vir ons gegee het, bestudeer, naamlik: hoop, geloof, vreugde en vrede.
More