YouVersion Logo
Search Icon

Die Bybel is lewendigSample

Die Bybel is lewendig

DAY 5 OF 7

Die Bybel Deurdring Die Duisternis

Diya wou niks met die Christendom te doen gehad het nie. In 2017 het Diya se beste vriendin egter haar getuienis by haar New Zealandse kerk gelewer. Diya het saamgegaan om haar te ondersteun … en herhaaldelik teruggekom. Later daardie jaar, het sy haar lewe vir Jesus gegee, net voordat sy na Indië verhuis het.

Om 'n nuwe geloof in 'n nuwe land, sonder 'n Christen gemeenskap te onderhou was uitputtend en mettertyd was Diya so depressief dat dit daagliks 'n worsteling was om uit die bed op te staan.

"Ek was so eensaam en dit was regtig baie moeilik om by mense in te skakel. Ek het baie van my selfstandigheid en onafhanklikheid verloor toe ek na Indië verhuis het en baie skadelike gedagtes het my denke gevul. Dit is eers toe ek deur YouVersion met die Skrif kon kontak maak, wat ek die manier waarop ek dink kon verander.""

Deur YouVersion het Diya ook 'n manier gevind om by ander Christene in te skakel en van hulle deur die leesplanne te leer. Sedert 2018, het sy meer as 428 leesplanne voltooi.

Wanneer Diya ook al 'n vraag het, maak sy haar YouVersiontoep oop en soek na leesplanne oor die onderwerp. Hoe meer leesplanne sy lees, hoe sterker groei haar geloof.

"Daar is dae wat ek met 11 leesplanne begin, net om myself met die waarheid te deurdrenk. Dit is 'n geleentheid om van ander mense te leer wat reeds jou paadjie gestap het en deur hulle bemoedig te word. Ek het geleer ek is nie alleen in my worstelinge nie. Ek kan na mense luister wat ook deur depressie is en anderkant uitgekom het. Dit het my laat besef dat volgelinge van Jesus ook met geestesgesondheid kan worstel."

Wanneer Diya nou eensaam, depressief of afgesonder voel, kan sy aan God se beloftes vashou en dit wat Jesus oor haar sê.

"Partykeer wanneer jy depressief is, het jy net 'n woord nodig. Die toep is 'n 'kortpad' wat my help om meer oor die Bybel en my geloof te verstaan. Tegnologie maak dit so lekker om 'n verbintenis met ons geloof te maak. Ek dink nie ek sou dit oorleef het as ek nie 'n manier gehad het om met Christus kontak te maak nie, want daardie tye was werklik donker en Hy was die enigste bron van lig wat ek gehad het — en steeds het."

Deur die krag van die Woord van God, kan afsondering in verbintenis omgeskakel word en hoop kan te midde van teëstand ontdek word.

Dink vir 'n oomblik na oor Diya se verhaal en staan tyd af om met God te praat oor die tydperk waarin jy jouself tans bevind. Vra vir God terwyl jy dit doen, om aan jou te openbaar wat waar oor jou omstandigheid is en soek dan in die Skrif vir sy woorde van hoop en bemoediging. Laat sy lig toe om deur enige duisternis in jou lewe te dring.

Day 4Day 6

About this Plan

Die Bybel is lewendig

Sedert die begin van alle tye, het die Woord van God die harte en denke van mense aktief herstel — en God is nog nie klaar nie. Kom ons vier die lewensveranderende krag van die Skrif in hierdie 7-dag leesplan deur van naderby te kyk hoe God die Bybel gebruik om 'n impak op die geskiedenis te maak en lewens regdeur die wêreld te verander.

More