YouVersion Logo
Search Icon

Die Bybel is lewendigSample

Die Bybel is lewendig

DAY 3 OF 7

Die Bybel Herskep Volke 

Dit is die vroeë 1800's. 'n Twaalfjarige Nigeriese seun en sy gesin word in hulle huis gevange geneem om op 'n Portugese boot na Amerika verskeep te word. Voor die boot egter die kus van Afrika kon verlaat, is dit deur 'n patrollie teen slawerny aangeval en die smokkelaars is gearresteer. Die seun en sy gesin is bevry en na Sierra Leone gestuur. Dit is hier waar hy die krag van die Bybel ontdek. 

Nadat Samuel Ajayi Crowther 'n Christen geword het, het hy verskeie tale geleer en het op sendingekspedisies na omliggende lande gegaan. Hy het tot dusver die Bybel in Engels bestudeer omdat dit nie in Yoruba — sy Nigeriese taal — bestaan het nie. 

Dit het beteken dat mense in Nigerië wat nie Engels magtig was nie, nie self die Woord van God kon lees nie. Ajayi het dus gehelp om 'n geskrewe grammatikastelsel vir Yoruba te ontwikkel en toe die Bybel in Yoruba begin vertaal. 

Nadat hy die Bybel in Yoruba vertaal het, het hy voortgegaan om die Skrif in van die ander Nigeriese tale te vertaal sodat meer mense die lewensverandering kon ontdek wat hy self ervaar het. 

Crowther is later deur die Anglikaanse kerk as die "Biskop van die Niger" gekies en was die eerste swart Anglikaanse biskop. Tot vandag is die Anglikaanse Kerk van Nigerië die tweede grootste Anglikaanse provinsie met meer as 18 miljoen gedoopte lidmate. 

Dieselfde God wat deur Crowther gewerk het, wil ook deur jou werk om deur sy Woord 'n impak in die wêreld te maak. Daar is mense wat wag om deur die Bybel herskep te word en slegs jy is ideaal geplaas om hulle te bereik.

Vra dus vandag vir God om aan jou te openbaar watter rol jy kan speel in die verhaal wat Hy vertel en kyk hoe Hy veel meer deur jou lewe doen as wat jy kan vra, dink of jou voorstel.  

Day 2Day 4

About this Plan

Die Bybel is lewendig

Sedert die begin van alle tye, het die Woord van God die harte en denke van mense aktief herstel — en God is nog nie klaar nie. Kom ons vier die lewensveranderende krag van die Skrif in hierdie 7-dag leesplan deur van naderby te kyk hoe God die Bybel gebruik om 'n impak op die geskiedenis te maak en lewens regdeur die wêreld te verander.

More