YouVersion Logo
Search Icon

Die Bybel is lewendigSample

Die Bybel is lewendig

DAY 1 OF 7

Die Bybel is Lewendig

Vir ons is die Bybel die Woord van God. Dit is 'n geskrewe verhaal wat God deur mense vertel het oor sy karakter en sy planne om die mensdom te red en te herstel. Omdat dit deur God geïnspireer is, het elke gedeelte van die Skrif die krag om aan ons raad te gee, te oortuig en te verander. 

Dink maar aan 'n keer wat jy gevoel het hoe jou denke hernu is of gesien het hoe 'n area in jou lewe herskep is. As jy die Skrif gereeld lees of daarna luister, het jy al die krag ervaar om geïnspireer, bemoedig en selfs daardeur uitgedaag te word. 

Die Bybel is veel meer as 'n geskiedenisles. Alhoewel dit weer vertel wat God gedoen het, wys dit ons ook wat God nog gaan doen. Dit maak 'n verhaal bekend wat God regdeur die geskiedenis al onthul het; 'n verhaal wat Hy steeds deur ons wil vertel.  

Die Woord van God het sedert die begin van alle tye in die harte van mense beweeg en is die inspirasie wat tot die herskepping van stede, volke en kontinente gelei het. 

Kom ons vier dus in hierdie week hoe die Bybel in ons wêreld lewendig en aktief is deur te kyk na die verhaal van God wat regdeur die geskiedenis deur Christene vertel is — 'n vertelling wat die Bybel se vermoë ten toon stel om deur duisternis te priem, hoop te bring, lewens te herstel en die wêreld te verander.

Day 2

About this Plan

Die Bybel is lewendig

Sedert die begin van alle tye, het die Woord van God die harte en denke van mense aktief herstel — en God is nog nie klaar nie. Kom ons vier die lewensveranderende krag van die Skrif in hierdie 7-dag leesplan deur van naderby te kyk hoe God die Bybel gebruik om 'n impak op die geskiedenis te maak en lewens regdeur die wêreld te verander.

More