Kragtige Gebede Om Jou Huwelik Te VerrykSample

Om nader aan mekaar te groei ...
Here, ek dank U vir my man (vrou) en bid dat U sy (haar) hart sal oopmaak vir alles wat U vir hom (haar) en vir ons huwelik wil gee. Help hom (haar) om U beter te ken, om u weë te verstaan en om dinge vanuit u perspektief te sien. Wys hom (haar) hoe om ons twee te sien soos U ons sien. Verander hom (haar) waar hy (sy) nodig het om te verander sodat niks hom (haar) sal verhinder om die doel en roeping te vervul wat U vir sy (haar) lewe en vir ons lewe saam het nie.
Wys ons hoe om dinge te ontdek wat ons geniet om saam te doen sodat ons altyd nader aan mekaar sal groei en nooit van mekaar sal wegdryf nie.
Ek bid dit in Jesus se Naam.
Hierdie oordenkings is saamgestel uit KRAGTIGE GEBEDE OM JOU HUWELIK TE VERRYK deur Stormie Omartian © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Scripture
About this Plan

Jy het die voorreg en verantwoordelikheid om elke dag vir jou man of vrou te bid. Hierdie 10 gebede deur Stormie Omartian uit KRAGTIGE GEBEDE OM JOU HUWELIK TE VERRYK sal vir jou op jou eie of vir julle saam ’n wegspringplek wees om te bid vir belangrike kwessies in julle huwelik.
More
Related Plans

The Wedding at Cana

How God Used Prophets in the Bible

Solitude & Silence

God's Goodness and Human Free Will

Acts 11:1-18 | the Church Will Criticize You. Don't Criticize It.

The Power of Love: Finding Rest in the Father’s Love

IHCC Daily Bible Reading Plan - June

Trail Builders: Riding Together in Discipleship

Transforming Encounters: The 40-Day Challenge (Luke)
