Kyknet Lydenstyd Gids 2022Sample

Dit is nie ‘n privaatreis om ‘die geliefde’ te wees is nie. Ons word eerder aangemoedig om die feit dat ons aan die mensefamilie behoort te erken, om in ware verhouding uit te reik na ons naaste, en om God se seën te bring waar ons ook al gaan. Snaaks genoeg, is dit juis wanneer ons ander as broers en susters sien, en ons gemeenskaplike geliefdheid bevestig, dat daar ‘n groter waardering in ons harte groei van nét hoeveel God ons liefhet. Johannes, die dissipel vir wie Jesus lief was, verwys na hierdie misterie in sy brief aan die vroeë Christus-volgelinge: “Geliefdes, as dit is hoe God sy liefde aan ons bewys het, behoort ons mekaar ook lief te hê. Niemand het God nog ooit gesien nie, maar as ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons sy doel volkome bereik” (1 Johannes 4:11-12).
Christus, ons altyd teenwoordige Mentor, wil ons leer hoe om ánder te help om hul eie geliefdheid te aanvaar. Volg sy voetspore van die begin van sy evangeliebediening, tot aan die einde. Kyk hoe Hy die kinders seën. Sien hoe Hy na die Samaritaanse vrou luister. Hoor hoe Hy sy dissipels se waarde bevestig. Kyk hoe Hy die wat honger is, voed. Let op hoe Hy vriende maak met die verworpenes. Waar Hy ook al gegaan het, het mense geweet dat hulle waardeer word. Vandag vereis Hy van ons om met ander om te gaan soos wat Hy dit sou doen. Hy los ons nie sonder hulp in hierdie opdrag nie. As ons doelbewus sy wense uitvoer, in afhanklikheid van sy Gees in ons, kan ons daarop staatmaak dat Hy ons sal wys hoe om sy liefde op die beste manier oor te dra aan die mense wat ons ontmoet.
Ter Nadenke
Memoriseer een teksvers — 1 Johannes 3:1. Deel jou gedagtes en gevoelens oor hierdie vers met God.
Gebed
Here, laat my hart en verstand ontwaak tot wie ek regtig is.
Die Boodskap vir jou Lewensreis
Daaglikse oordenking wat voortbou op die dag se tema
Scripture
About this Plan

Welkom op die Lydenstydreis. Tydens hierdie ervaring word jy genooi na ‘n paar ontwakings. Die doel van die reis is om te ontwaak tot die lewe. Lewe is God en lewe is saam met God. Ons gaan fokus op die ontwaking van myself, verlange, die lewe, vriendskap en roeping.
More
Related Plans

What Makes a Good Person?

Make It Happen!

Gone Fishin' Eight

God Is Not ChatGPT

Seek God Passionately

Heart Detox: The War for Your Soul by Vance K. Jackson

Secure & Sent: Leadership for Church Planters

God's Presence - a Critical Tool for Advancement

Sustenance (S3-E8)
