Kyknet Lydenstyd Gids 2022Sample

Augustinus skryf: “Die hele lewe van ‘n gelowige is ‘n heilige verlange. Wat jy begeer, kan jy nog nie sien nie. Maar die begeerte gee jou die vermoë om vervul te word wanneer jy dit sien ... ”
Ons almal het ʼn diep innerlike verlange om gelukkig te wees. Om vervul te wees. Om sin in die lewe te hê dra daartoe by dat die mens floreer. Of ons dit in ons geloof, lewensdoelwitte of langtermyn drome vind, ons elkeen soek daarna. Die probleem is dat hierdie dinge wat bydra tot ons sin en betekenis, ons nie vrywaar van al die dinge wat ons geluk steel nie: teleurstelling, verlies, verbrokkeling van verhoudings, siekte en dood. Hulle kan ook nooit ons diepste verlange ten volle vervul nie.
Een vertaling van die eerste van Jesus se saligsprekinge is: “Gelukkig is dié mense
wat weet hoe nodig hulle God het.” Wanneer ons ons behoefte en verlange erken, neem ons die eerste tree na wysheid en ‘n dieper verhouding met God. Binne ons diepste verlange lei die Gees ons na God en sy verlange na ons. Hy versadig ons soeke.
Ter Nadenke
Watter mense of goed of plekke gebruik jy om jou verlange na geluk te bevredig?
Gebed
Here, gee my die genade om die verlange van my hart te verwoord.
Die Boodskap vir jou Lewensreis
Daaglikse oordenking wat voortbou op die dag se tema
Scripture
About this Plan

Welkom op die Lydenstydreis. Tydens hierdie ervaring word jy genooi na ‘n paar ontwakings. Die doel van die reis is om te ontwaak tot die lewe. Lewe is God en lewe is saam met God. Ons gaan fokus op die ontwaking van myself, verlange, die lewe, vriendskap en roeping.
More
Related Plans

What Makes a Good Person?

Make It Happen!

Gone Fishin' Eight

God Is Not ChatGPT

Seek God Passionately

Heart Detox: The War for Your Soul by Vance K. Jackson

Secure & Sent: Leadership for Church Planters

God's Presence - a Critical Tool for Advancement

Sustenance (S3-E8)
