YouVersion Logo
Search Icon

Kyknet Lydenstyd Gids 2022Sample

Kyknet Lydenstyd Gids 2022

DAY 29 OF 39

Daar was eendag ‘n seemeeu wat nie tevrede was met die feit dat hy ‘n seemeeu is nie. Hy kyk na sy lewe, en die lewens van ander seemeeue, en hy vind dit te klein. “Al wat ‘n seemeeu is, eet en vlieg en veg!”

Hy weet nie wat hy wil nie, hy weet net dat hy hopeloos rusteloos is, dat hy moet uitbreek. Hy probeer hoër vlieg, vinniger vlieg, enigiets doen wat die perke van seemeeu-wees kan breek. Hy val talle kere, val homself amper dood, maar hy volhard in sy probeerslae. Heeltyd op soek na iets meer en iets beter. Aan die einde van sy seemeeulewe is hy oud, verrinneweer, ontevrede en diep ongelukkig.

Die storie is ‘n metafoor van die menslike hart. Dit beskryf ons soektog en ons verlange na ‘n diep, ryk, vervulde lewe. Ons verlang na liefde, na intimiteit, na vriendskap; ons jaag bewondering, sukses en beroemdheid na; ons wil gesien word, bekend wees, van kennis geneem word en ons streef na gesondheid en skoonheid van die liggaam. Ons wil ‘n merk in die lewe laat. Maar aan die einde van die dag vervul nie een van hierdie dinge daardie diep begeerte nie.

Elkeen van ons het nodig om op die plek te kom waar jy besef dat dit nie iets of iemand is wat jy nodig het nie. Nee, ons het God nodig. Paulus gee die rede: “My God sal elke behoefte vervul.” Dit is ‘n draai na Hom toe wat nodig is — daardie bewussyn, daardie besef dat niks en niemand in hierdie leeftyd die diep, groot en onverstaanbare behoeftes en begeerte kan vervul nie. Behalwe Hy.

Ek vind Hom en besef: dit is na Hom wat ek my hele lewe lank gesoek het.

Ter Nadenke

Waarna soek jy?

Gebed

Here, gee my die genade om die verlange van my hart te verwoord.

Die Boodskap vir jou Lewensreis

Daaglikse oordenking wat voortbou op die dag se tema

Day 28Day 30

About this Plan

Kyknet Lydenstyd Gids 2022

Welkom op die Lydenstydreis. Tydens hierdie ervaring word jy genooi na ‘n paar ontwakings. Die doel van die reis is om te ontwaak tot die lewe. Lewe is God en lewe is saam met God. Ons gaan fokus op die ontwaking van myself, verlange, die lewe, vriendskap en roeping.

More