Kyknet Lydenstyd Gids 2022Sample
Waar ook al ons op hierdie oomblik is, in die midde van enige eensaamheid waarmee ons mag sukkel, ontmoet God ons, en steek sy hand in vriendskap na ons toe uit. Hierdie buitensporige, ongelooflike, genade-gevulde aanbod vorm deel van die kern van die Christelike geloof. God het ‘n intense verlange na vriendskap met ons. Dis wat Jesus, deur sy lewe, dood, opstanding en opgevare teenwoordigheid in die heelal, vir elke mens moontlik maak. Al wat Hy vra, is dat ons hierdie aanbod van Goddelike vriendskap aanvaar.
Ons is nie per ongeluk op hierdie aarde nie, of toevallig nie, of as gevolg van ‘n fout nie. Daar is geen onbeplande kinders in hierdie wêreld nie. Ons is hier omdat God ons hier wil hê. God se begeerte het aan ons lewe gegee. Ons bestaan vergestalt God se intense verlange na ons vriendskap. Miskien is dáárdie verlange na intimiteit die eggo van die verlange in God se hart, ‘n hart wat rou oor ons weerstand teen die Goddelike Vriendskap waarvoor ons harte geskep is. Sou dit óók kon wees dat die eensaamheid wat in die eerste hoofstuk beskryf word, God se manier is om ons nader aan hierdie Goddelike Vriendskap te trek? Die Bybel sê dat ons nie bedoel is om alleen te wees nie (Sien Gen. 2:18). Omdat ons in God se beeld geskep is — wat in verhouding bestaan — is ons goddelik ontwerp om óók in verhouding te staan. Ons is uit liefde gemaak, in liefde gemaak, om lief te hê. Ons is vir vriendskap aan mekaar gesit, beide menslik en goddelik.
Ter Nadenke
Dank die Here vandag spesifiék vir dié mense in jou vriendekring, wat jou ‘n blik op God se getroue vriendskap gee.
Gebed
Here, laat my hart ontwaak tot U uitnodiging na vriendskap.
Die Boodskap vir jou Lewensreis
Daaglikse oordenking wat voortbou op die dag se tema
Scripture
About this Plan
Welkom op die Lydenstydreis. Tydens hierdie ervaring word jy genooi na ‘n paar ontwakings. Die doel van die reis is om te ontwaak tot die lewe. Lewe is God en lewe is saam met God. Ons gaan fokus op die ontwaking van myself, verlange, die lewe, vriendskap en roeping.
More