Kyknet Lydenstyd Gids 2022Sample

God het ‘n diep begeerte na vriendskap met elkeen van ons. Om dit moontlik te maak, het God vir Jesus na ons toe gestuur as ‘n manier van toegang na sy vriendskap. Soos ons begin om te bly, te vertoef, te leef in hierdie Jesus wat nóú bestaan as die opgestane Christus, verhewe bo die kruisiging, só lei Hy ons na die intieme hart van God. Die evangelieskrywers wys ons hierdie gewaagde aanbod; en die werklike lewenservaringe van Christus-volgelinge deur die eeue bevestig die feit dat ons, deur in Jesus te bly, intimiteit met God kan beleef. Maar wat behels dit om “in Jesus te bly”?
Dit behels om elke dag na Jesus toe te draai, na sy stem te luister, ons harte met Hom te deel, onsself te voed uit sy Woord, sy opdragte uit te voer, Hom ín te nooi in elke ding wat ons doen, en sáám met hom aan ander lewe te gee. Dit behels waarskynlik óók die snoei van daardie dele van ons lewe wat besoedel is deur selfsug en gierigheid. Soos wat ons saam met Jesus loop, kom Hy en sy Vader na ons toe, en maak hulle woning by ons (Sien Joh. 14:23). So begin ons sáám leef in die intimiteit van die Goddelike Vriendskap.
Ter Nadenke
Maak vandag kontak met iemand wat deur ‘n moeilike tyd gaan. Probeer om God se omgee-vriendskap te reflekteer in hoe jy na hulle luister.
Gebed
Here, laat my hart ontwaak tot U uitnodiging na vriendskap.
Die Boodskap vir jou Lewensreis
Daaglikse oordenking wat voortbou op die dag se tema
Scripture
About this Plan

Welkom op die Lydenstydreis. Tydens hierdie ervaring word jy genooi na ‘n paar ontwakings. Die doel van die reis is om te ontwaak tot die lewe. Lewe is God en lewe is saam met God. Ons gaan fokus op die ontwaking van myself, verlange, die lewe, vriendskap en roeping.
More
Related Plans

God's Redemption Story (Revelation)

Financial Discipleship – the Bible on Idolatry

Acts 10:34-48 | Confronting Your Blind Spots

IHCC Daily Bible Reading Plan - March

In the Arms of Grace: Seeing Jesus Through the Eyes of Mary Magdalene

Every Tribe, Every Tongue: 7 Days to Praying for the Nations

Spiritual Formation

IHCC Daily Bible Reading Plan - July

God's Design for the Church
