YouVersion Logo
Search Icon

Kyknet Lydenstyd Gids 2022Sample

Kyknet Lydenstyd Gids 2022

DAY 2 OF 39

“En Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg. Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om my ontwil verloor, hy sal dit red.”
(Luk. 9:23-24)

Het jy al agtergekom hoe Jesus ons nooi om Hom te volg in sy lyding?
Van die begin af sê Hy dat dit nie ‘n maklike besluit is om Hom te volg nie, want dit sal beteken dat ons baie dinge verloor of prysgee. Hy nooi ons om ons kruis op te neem. Jesus belowe nie dat dit maklik is nie, maar belowe dat dit vervullend is.

Die wêreld sê: “Maak ‘n naam vir jouself! Wees iemand!” Maar Jesus nooi ons na ‘n ander manier van lewe: ‘n lewe van opoffering, liefde, gehoorsaamheid, lyding, sterfte en opstanding. Die dinge wat moet sterf, is die dinge wat ons weerhou van die lewe met Hom. Dit beteken nie dat ons masochiste is nie! Nee, dit beteken ons is vriende met die Een wat ons lei, of dit is in die pad van dood, of die pad van opstanding. Want Hy ken albei.

 Ter Nadenke 

Hoe lyk dit om jou kruis op te neem en Jesus te volg? Waarvan moet jy afstand doen om die lewe te kies?

Gebed

Here, gee my die genade om u lewe te kies.

Die Boodskap vir jou Lewensreis

Daaglikse oordenking wat voortbou op die dag se tema

Scripture

Day 1Day 3

About this Plan

Kyknet Lydenstyd Gids 2022

Welkom op die Lydenstydreis. Tydens hierdie ervaring word jy genooi na ‘n paar ontwakings. Die doel van die reis is om te ontwaak tot die lewe. Lewe is God en lewe is saam met God. Ons gaan fokus op die ontwaking van myself, verlange, die lewe, vriendskap en roeping.

More