Kyknet Lydenstyd Gids 2022Sample

Daar is verskeie verse in die Bybel wat verwys na ons geliefdheid. Wanneer ons hulle saamsit, vorm dit iets wat ek ‘n “persoonlike geliefheidshandves” noem, en kan dit ons aanmoedig om onsself deur die oë van die Heilige Een te sien, en oor onsself te voel soos wat God oor ons voel. Ons begin dan met ons hart en verstand begryp dat elkeen van ons deel vorm van God se ontluikende skepping; dat die Heilige Een deurgaans bewus is van dít waardeur ons gaan; en dat God ‘n ewigheidsdoel met ons lewens het. Deur so ‘n “handves” te skep, dit deur gereelde herhaling te memoriseer — in die geloof dat die Gees van God hierdie woorde in ons binneste fluister — kan ons die waarheid van wie ons is begin terugeis.
Wanneer ons sulke woorde en beelde toelaat om binne in ons te broei, wys ons ‘n bereidwilligheid om God, God te laat wees in ons lewens. Dit beïnvloed die manier waarop ons onsself sien en maak ons harte bewus van die Heilige Fluistering wat vir ons sê wie ons is — nie dat ons altyd in staat is om die waarheid van ons geliefdheid heelhartig te ontvang nie.
Ter Nadenke
Dink aan ‘n onlangse ervaring waar jy onvoorwaardelik geliefd gevoel het. Soos wat jy hierdie persoon se liefde onthou, sit jou hand op jou hart, en herinner jouself dat God jou oneindig meer as dit lief het.
Gebed
Here, laat my hart en verstand ontwaak tot wie ek regtig is.
Die Boodskap vir jou Lewensreis
Daaglikse oordenking wat voortbou op die dag se tema
Scripture
About this Plan

Welkom op die Lydenstydreis. Tydens hierdie ervaring word jy genooi na ‘n paar ontwakings. Die doel van die reis is om te ontwaak tot die lewe. Lewe is God en lewe is saam met God. Ons gaan fokus op die ontwaking van myself, verlange, die lewe, vriendskap en roeping.
More
Related Plans

Your Summer in the Psalms: Chapters 1-50

Faith

A Christian Parent's Guide to Navigating Youth Sports

Pursue, Overtake & Recover All

Mom Guilt Meets Grace

For New Followers of Jesus - 30 Bible Studies

Connect With God Through Expression | 7-Day Devotional

Kids Bible Experience | the Book of Revelation

Detoxing Life
