YouVersion Logo
Search Icon

Family.fit: In God Leef en Beweeg OnsSample

Family.fit: In God Leef en Beweeg Ons

DAY 5 OF 5

Hoe kan ons reageer op die opgestane Jesus? 

v32 “Hulle het gehoor Paulus praat oor die dooies wat opgewek word.  Sommige van hulle het pret gemaak van hierdie idee.” 

 

 

1. Raak aktief 

Volg die leier 

Sit julle gunsteling musiek aan.  Hardloop in 'n sirkel. 

Een persoon is die leier en gebruik hand klappe om instruksies te kommunikeer: 

  • Een klap: plank 
  • Twee klappe: twee bergklimmers 
  • Drie klappe: drie hurksitte 

Verander leiers na een minuut. 

Kyk na video van Volg die Leier:

 

 

2. Rus en gesels 

Wat is waar, maar was ongelooflik die eerste keer toe jy dit gehoor het? 

3. Lees die Skrifgedeelte 

Handelinge 17:31-34 

4. Bespreek 

  • Hoekom is hierdie weergawe van Jesus so moeilik om te aanvaar? 
  • Watter twee antwoorde het mense op Paulus se idees oor Jesus gehad?  Wat is jou reaksie? 
  • Beskryf die reaksies wat mense vandag het op hierdie “goeie nuus” oor Jesus. 

Gesels met God: Dankie Here dat U Jesus gestuur het om ons uit te soek.   Hy het in ons plek gesterf om vir ons die liefde te wys wat God vir ons as sy kinders het.  Dankie dat Jesus bewys het dat Hy die Here van die lewe is deur weer op te staan nadat Hy aan die kruis gesterf het. 

Scripture

Day 4

About this Plan

Family.fit: In God Leef en Beweeg Ons

'n Gesin floreer saam. Wat 'n pragtige prentjie in hierdie tye! Gebruik hierdie 10-minuut family.fit tyd om pret te hê, en om fiksheid en geloof saam met jou gesin te bou terwyl julle na Handelinge 17 kyk. Dit kan aangepas word vir enige huisgesin kombinasie en ouderdomsgroep. Dit benodig geen spesiale toerusting nie, net 'n klein ruimte en jou verbeelding.

More