YouVersion Logo
Search Icon

Family.fit: In God Leef en Beweeg OnsSample

Family.fit: In God Leef en Beweeg Ons

DAY 4 OF 5

Ons is aanspreeklik vir die geleentheid van lewe 

v 31 “Hy het 'n dag vasgestel wanneer Hy die wêreld regverdig sal oordeel.” 

 

 

1. Raak aktief 

Superman rol 

Almal maak beurte om in die superman posisie van die een kant van die vertrek na die ander kant te rol terwyl hulle 'n koppie in een hand dra.  Rol sonder dat jou hande en voete aan die vloer raak.  Hou aan terwyl julle 'n toring met koppies bou.  Kies die hoogte van die toring deur die aantal koppies wat julle gebruik. 

Kyk na video van Superman rol:

 

 

2. Rus en gesels 

Hoe het jy verlede week getrou aan jou eie waardes geleef?  Gee jouself 'n telling uit 10. (1: glad nie goed nie, 10: perfek) 

3. Lees die Skrifgedeelte 

Handelinge 17:29-31 

4. Bespreek 

  • Praat oor wat dit beteken om “weg te draai van jou sondes af.”  Besin stilweg oor wat dit vir jou beteken. 
  • Hoe kan ons vertroue hê om te weet dat God ons regverdig sal oordeel? 
  • Hoe laat hierdie woord “regverdig” jou voel? 

Gesels met God: Dankie Here dat U ons hierdie lewe gegee het en dat U regverdig en geregtig is.  Help ons om hierdie buitengewone lewe goed te gebruik.  Ons is jammer oor wanneer ons gesondig het en nie die geleenthede ten volle gebruik het wat U vir ons gegee het nie. 

God is regverdig.  God is ook barmhartig.  Niemand van ons kan op ons eie meriete voor 'n heilige God staan nie.  Ons is almal gebroke.  Ons sondig almal!  Kan jy raai wat dit is? 

Scripture

Day 3Day 5

About this Plan

Family.fit: In God Leef en Beweeg Ons

'n Gesin floreer saam. Wat 'n pragtige prentjie in hierdie tye! Gebruik hierdie 10-minuut family.fit tyd om pret te hê, en om fiksheid en geloof saam met jou gesin te bou terwyl julle na Handelinge 17 kyk. Dit kan aangepas word vir enige huisgesin kombinasie en ouderdomsgroep. Dit benodig geen spesiale toerusting nie, net 'n klein ruimte en jou verbeelding.

More